Vier gevonnis wat pelsrob op strand martel

(Foto: DBV)

Vier mans wat in Januarie vanjaar ʼn pelsrob op Monwabisi-strand in Kaapstad met klippe bestook het, is ʼn opgeskorte vonnis opgelê maar moet as deel van hul vonnis onder meer ʼn opstel skryf en gemeenskapsdiens verrig.

Luxolo Godana, Nyameko Titi, Nkosinathi Ndzendevu en Zamani Sibusiso is in die Khayelitsha-landdroshof skuldig bevind en gevonnis op aanklagte van dieremishandeling en die jag van ʼn beskermde spesie sonder ʼn permit. Hulle is ‘n opgeskorte vonnis van ses jaar tronkstraf opgelê.

Maroela Media het vroeër berig dat die rob met lede van die Kaap die Goeie Hoop-dierebeskermingsvereniging (DBV) na ʼn veearts in die omgewing gehaas is, maar weens die erns van sy beserings van kant gemaak moes word.

Die rob het ernstige beserings aan sy gesig en veelvoudige skedelbreuke opgedoen. Bloed het by sy bek uitgestroom en een van sy oë was vergruis. Die meeste van sy tande het ook heeltemal in sy bek afgebreek.

Jaco Pieterse, hoofinspekteur van die Kaap die Goeie Hoop-DBV, het die vonnis verwelkom en gesê die DBV sal verseker dat die veroordeeldes by die hof se mandaat hou. “Die voorval dien as ‘n somber herinnering aan die dringende behoefte aan verhoogde bewustheid en opvoeding oor diereregte en welsyn.”

As deel van hul vonnis moet die vier elk ʼn opstel van 500 woorde skryf oor seesoogdiere wat die belangrikheid van natuurlewe en opvoeding vir bewaring beklemtoon. Die opstel moet op hul Facebook-profiele gedeel word en by die klerk van die hof in Khayelitsha ingedien word.

Hulle moet ook 18 maande se gemeenskapsdiens verrig, met ‘n minimum van 16 uur wat maandeliks by aangewese DBV-takke uitgevoer word. En laastens moet hulle ook elkeen R2 000 aan die DDBV skenk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Neeeeeeee! ‘n Duisend maal NEE! Wat beteken ‘n opstel, gemeenskapsdiens en opgeskorte vonnis? Verbeel jou, ‘n opstel….
Hierdie is so goed soos moord op ‘n mens! Wat word van ons regstelsel? Hoe regverdig jul hierdie vonnis? Dit is belaglik en jul behoort julle te skaam. My hart is aan duisend stukke. Die arme diere.

Danie ·

Die probleem is dat verskillende kulture en gelowe hanteer diere op verskillende maniere. Die land se wette is so geskryf en dit beskerm beide die diere en die kulture en gelowe. Ongelukkig het die RSA dan daarmee ook hulle self in die voet geskiet. Daar is nie meer een stel reëls nie wat deur die bank vir almal geld nie.

Sê maar net ·

Ek gee nie om wat iemand glo nie, moord en wreedheid bly moord en wreedheid!

Miskruier ·

Hemel weet, as jy dit aan n dier kan doen, kan jy dit ook aan n mens doen.

Helene ·

Ek is woedend. Die boetes vr dieremishandeling is pateties in hierdie bose land. Dit is nie n genoeg afskrikmiddel nie! Ek sou hulle gelooi het met n groot boete en tronkstraf vr minimum 5 jaar. Die mens raak al boser!!

Danie ·

Die probleem is dat verskillende kulture en gelowe hanteer diere op verskillende maniere. Die land se wette is so geskryf en dit beskerm beide die diere en die kulture en gelowe. Ongelukkig het die RSA dan daarmee ook hulle self in die voet geskiet. Daar is nie meer een stel reëls nie wat deur die bank vir almal geld nie.

Sê maar net ·

Spesifieke gelowe is nie ‘n verskoning vir wreedheid en moord nie!

ES ·

‘n Opstel skryf? Spoeg ek nou my koffie soos ek lag. Dis nou ‘n “straf”.

Tricea ·

Ek kan net dink hoe ‘ongelooflik’ daardie opstelle sal wees met sulke breine!

Alex ·

Wel dis n nuwe ding. Opstel skryf kan ek verstaan om n soort vernedering toe te pas. Dar hulle gemeenskap diens doen en elk R2k moes betaal verwelkom ek.

Kabous ·

Doen aan hulle wat hulle aan die Rob gedoen het, dit is simpel en maklik!!

Sebastiaan ·

‘n Mens moet kan skryf om ‘n opstel te skryf. Sulke mense is onopgevoed so ek twyfel sterk oor die skryf gedeeldte. Verbale opstel is ook nie moontlik nie aangesien die rob ‘n opregte spesie is so hy meng nie tale nie.

Estelle ·

n Opstel?!!! Hoe belaglik … hulle Google en “copy & paste” – as dieremishandelaars soos hulle ooit weet hoe werk n rekenaar. Dis mos die nuwe motto in SA: brand af of wis uit. Skokkend.

Martin ·

Amptenare sê die rob moes doodgemaak word weens die erns van sy beserings.
Die aanval is beskryf as een van die wreedste op ons natuurlewe. ‘n “Liberale straf” van opstelle skryf werk ongelukkig nie…

Diets ·

Diere het meer integriteit as sekere mense. Sekere mense het geen IK en geen selfbeeld en geen dissipline. Van hulle is dalk meer soos diere as die diere self.

Leina ·

Die arme dier is dood en hulle moet opstel skryf, al die pyn en trauma van die rob gaan nou regverdig word met ‘n opstel en gemeenskapdiens. Mense se regte voor die mishandeling en trauma van diere. Die krimineel het regte, maar die ander party het geen regte en mag nie vra vir regverdiging nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.