Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.
“ruimtereis” deur Susanne Pike
jy sweef in ʼn sfeer
van donker geheimenis
genaelstring
aan jou moederskip
liewe ruimtereisigertjie
my wens vir jou beslis
dat jy ʼn wêreld sal ontdek
waar liefde jou suurstof is.
- Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red