Twee gr. 1-seuns dood ná hul snoepgoed eet

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Twee gr. 1-leerders is dood en nog twee is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal nadat hulle snoepgoed geëet het wat hulle by ʼn spazawinkel gekoop het.

Die twee seuns was onderskeidelik leerders aan die Kgauhelo Primary School en Karabo Primary School in Soweto. Hulle is Sondag dood nadat hulle koekies en sap, wat by ʼn plaaslike spazawinkel gekoop is, ingeneem en begin siek voel het.

Volgens Matome Chiloane, Gautengse LUR vir onderwys, is twee gr. 1-meisies in ʼn kritieke toestand in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal nadat hulle dieselfde koekies en sap ingeneem het.

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom dié voorval.

“Ons versoek die gemeenskap se ondersteuning en begrip gedurende hierdie uitdagende tydperk, en pleit ook vir ouers om ekstra waaksaam te wees oor wat hul kinders eet en om hul welstand te verseker.”

Chiloane het gesê die departement sal saam met wetstoepassingsagentskappe werk om te verseker dat die saak deeglik ondersoek word.

“Ons wil ons innige meegevoel met die betrokke gesinne betuig, en wens die twee gehospitaliseerde leerders ‘n spoedige herstel toe,” het Chiloane bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Miskruier ·

Daar was die laaste jaar seker twee gevalle waar kinders gesterf het van voedsel wat hul gekoop het ( noedels) waarom hoor mens nooit of iemand vervolg is?

Toergids ·

Hierdie is ongelooflik hartseer en skokkend, die arme kinders wou ook maar net ‘n soet ding eet en drink.

Delia ·

Presies wat ek gedink het. Almal kan deesdae n spaza winkel.oopmaak. bou n hokkie teen jou draad en woeps…jy het n winkel en kan enige iets smous

Andries ·

Buitelanders wat al die spaza winkels besit. Sê nie waar hul die produkte kry nie. Heel moontlik onwettig ingevoer.

Pieter ·

Maar ek as n winkel eienaar word elke week deur n gesondheisinspekteur besoek om te kyk dat als skoon en reg gedoen word. Daar is derduisende opslaan stalletjies wat kos aan die publiek verkoop,maar nee, hulle kan werk soos hulle wil met die kos

SwartBees ·

Daai selfde inspeteur wat jou laat bloed sweet met sy inspeksie koop sy middag ete langs die pad of spaza winkel opad terug na sy kantoor toe. Al die vra waarmee hy jou gepeper het is by die vuil spaza / gehuggie nie van toepasing nie.

Heila Isabella ·

Ja ek stem volkome saam het selfde ondervinding gehad en jy moet vir alles n lisensie he ma die spaza kan enigiets verkoop

Karoo ·

Doen jouself ‘n guns en stap in’ n Spaza winkel in… of nog makker ‘n R5 winkel dan kyk jy agter op die verpakking, as jy dit kan lees, waar kom dit vandaan. Meeste van die Ooste en ander vere lande, gin gesondheuds inspekteur sal die bestandele eers kan lees nie. Dit moes in die eerste plek nie ons hawens ingekom het nie. Meegeveol aan die Ouers en Famlie en skool maats.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.