Transitoroofsaak: Ses beskuldigdes kry borgtog

Die beskuldigdes in die hof (Foto: Valke)

Drie polisiebeamptes en drie van hul medebeskuldigdes is Dinsdag in die Tonga-landdroshof in Mpumalanga op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Die ses word saam met nog ʼn beskuldigde aangekla in verband met ‘n transitorooftog wat op 11 Augustus op die R570-pad na Schoemansdal, buite Malelane in Mpumalanga, plaasgevind het. Die ander beskuldigde, ‘n Tanzaniese burger, het sy borgtogaansoek laat vaar.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die beskuldigdes se borgtogvoorwaardes sluit onder meer in dat hulle nie met staatsgetuies mag inmeng nie en elke Vrydag by hul naaste polisiestasie moet aanmeld.

Die drie polisiebeamptes, Sunday Mashego (39), Collen Nonyane (44) en Bhekinkosi Godi (39), is almal by die Witrivier-blitspatrollie betrokke. Hul medebeskuldigdes is Bhekifa Ngwenyama (30), Ali Ebrahim (24), Lawrence Lubisi (44) en Moosa Vilakazi (38). Hulle staan tereg op vyf aanklagte van poging tot moord, drie van die besit van gesteelde goedere, asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, opsetlike saakbeskadiging, die besit van plofstof en sameswering om ʼn misdaad te pleeg.

Daar word beweer dat die groep in ‘n Fidelity-kontantwa vasgejaag het waarna dit omgeslaan het. Die veiligheidswagte is uit die geldwa gedwing voor dit met springstof oopgeskiet is.

Drie verdagtes is op dieselfde dag in hegtenis geneem, terwyl die ander beskuldigdes enkele dae ná die voorval in hegtenis geneem is.

Genl.maj. Nico Gerber, provinsiale hoof van die Valke, het gesê die ondersoek na die voorval duur voort en dat twee verdagtes, Zola Martin Minisi (29) en Mpendulo Absima Hassane (31), steeds gesoek word in verband met die voorval.

Mnisi word glo ook met ander transitorooftogte verbind, insluitend ʼn voorval in Witrivier waar ʼn G4S-veiligheidswag dood is.

Die saak is tot 6 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Harley Davidson ·

Waar kom hierdie nuwe manier vandaan om ‘n masker in die hof op te sit, dit is disrespek vol en die landdros / regter moet dit nie toelaat.

etienne ·

Dis reg, gee hulle borgtog sodat hulle kan aangaan met hulle bedrywighede met samewerking van Cele se beamptes.

miche ·

Op borgtog vrygelaat? Bedrieg my oë my? Geen wonder hierdie land is in so toestand nie…

Dries ·

Borgtog goed gekeur? Hierdie is van die mees gevaarlikste kriminele in ons samelewing en hulle worgd vrygelaat? Maak nie sin ………………..

Sobymykoolkop ·

Hoe op dees aarde kry jy borg vir so tipe oortreding? Skroom nie om wagte te vermoor nie. Jammer, ek het vergeet die is SA

Marieta ·

Geen polisiebeampte wat betrokke is of was by n geweldsmisdaad van watter aard ookal, moet enigsins enige borgtog toegestaan word nie! Geen wonder Suid – Afrika is djie 3de gevaarlikste land ter wêreld nie.

Marius ·

Poef , weg is hulle. Wat is die kans dat hulle in die land sal bly?

Waarnemer ·

En nou is daardie drie polisiebeamptes weer terug op hulle pos om ons en ons besittings te beskerm!WOW…

Manie ·

Ek wil amper my huis daarop verwed dat hulle dit weer gaan doen voor die volgende hofverskyning.

Perdeby ·

En van Vrydag nadat hulle aangemeld het Donderdag kan hulle mase lekker roof. Wat n KLUG!!!!!

Sarel ·

Transito Rowers en hulle kry Borgtog???
Laat mens dink..in die lig van die probleem.in SA
t.o.v. Transito Rooftogte….?????

Alex ·

Borgtog? Dan gaan hulle weer die tyd as geleendheid gebruik om weer te roof. Skande dat ons beskermsdienste betrokke is en dat buitelanders hierheen kom om SA plunder saam met ons Polisie. Ons moet sekerlik die land terug neem en tug stelsels weer in plek kry. Basta met die tiepe menseregte as jy krimeneel optree

Diets ·

Regtig!!!! Dit skep twyfel in die regstelsel en laat ‘n rokie van regskaping opgaan.

Marieta ·

Nie net n rokie nie, maar sommer n hele veldbrand. En ou hoed kla dat die polisie nie kan pa staan vir die styging in misdaad nie…

Aai ·

Hou hulle op die straat hulle moet nog geld trek vir die ANC verkiesing.VIVA ANC

Annalize ·

Wonderlik! Nou kan hulle mos net aangaan!! Waar is geregtigheid?

Jakes ·

Volgens die strafproseswet moet daar buitengewone omstandighede wees voordat skurke borgtog kan kry vir n skedule 6 misdaad. In hierdie geval is die buitengewone omstandighede waarskynlik dat die groep mans nie kan voortgaan met hul stokperdjie om te roof as borgtog teengestaan word. Wat n siek grap en ken die voortsittende beampte die strafproseswet?

Oosieoos ·

Wat is fout met die howe die is nou wraggies die top punt van onnosel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.