Rand Water wys DA die deur: ‘Maak ’n afspraak’

Teboho Joala, Nico de Jager en Solly Msimanga Woensdag by Rand Water. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die DA het Woensdag by Rand Water se hoofkantoor suid van Johannesburg opgedaag vir ’n verrassings-oorsigbesoek in die hoop om antwoorde te kry oor hoe die waterverskaffer die telemetrie op sy reservoirs vanaf sy kantore monitor en waarom hierdie data nie regstreeks aan munisipaliteite beskikbaar gestel word nie.

Die afvaardiging het egter nie verder as die voordeur gevorder nie.

Solly Msimanga, Gautengse leier van die DA, DA-LP Nico de Jager en Stephen Moore, DA-lid van die portefeuljekomitee oor water en sanitasie, sê egter hulle het niks minder as stief behandeling verwag nie.

Nadat Sipho Mosai, Rand Water se uitvoerende hoof, verby Msimanga en sy afvaardiging by die hoofhek ingery het, het Teboho Joala, waarnemende besturende direkteur van Rand Water, in ’n swart BMW met twee lyfwagte stilgehou en aangedui dat die DA ’n afspraak moet maak.

“In alle billikheid moet ek my ongeloof te kenne gee dat julle onaangekondig hierheen kom. Ek dink nie hierdie soort benadering gaan die situasie bevorder nie,” het Joala gesê.

Msimanga het egter volgehou dat hulle as beëdigde openbare verteenwoordigers alle reg het om oorsigbesoeke aan staatsentiteite te bring.

Teboho Joala, waarnemende besturende direkteur van Rand Water. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Moore het Joala daarop gewys dat dit munisipaliteite sal baat om ten minste die telemetrie op Rand Water se reservoirs (dus hoe vol dit op enige gegewe tydstip is) te sien wat op hul deel van die netwerk van toepassing is.

“Ek stem saam, maar julle moet ’n afspraak maak,” het Joala volgehou. “Ek jaag na ’n ander vergadering. Stuur ’n e-pos soos julle vantevore gedoen het. Skeduleer ’n vergadering en kom byeen met ons.”

Joala het voor sy vertrek ontken dat Rand Water nie met munisipaliteite kommunikeer nie.

“Ons praat daagliks met munisipaliteite. Die telemetrie word met hulle gedeel.”

Argieffoto van Rand Water. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die DA het egter voet by stuk gehou dat metrorade nie hierdie inligting ontvang nie. En pleks daarvan om vrae te beantwoord, is die afvaardiging begroet deur BBP-beskermers en blou ligte.

Die opposisieparty sê hy is bekommerd oor die gebrek aan aanspreeklikheid en deursigtigheid waarmee hy vanoggend begroet is.

“Ons is nie verbaas dat daar steeds ’n sluier van geheimhouding tussen Rand Water en die munisipaliteite bestaan nie,” het Msimanga ná die gesprek aan Maroela Media gesê.

“Ons het ’n eenvoudige ding gevra: Wys ons jul telemetrie. Ons wil sien dat die waterdruk en hoeveelheid water wat jul stelsel verlaat, voldoende is om in mense se behoeftes te voorsien.

“Want die munisipaliteite sê hulle kry nie genoeg water nie. Plekke soos Heidelberg, Lesedi, Emfuleni en Soshanguve sit sonder water. Intussen moet munisipaliteite miljoene rande betaal om water met watertenkwaens aan te ry.

“Hoe kan ons van munisipaliteite verwag om die infrastruktuur te herstel indien al hul geld vir watertenkwaens moet gaan? Dit word nou ’n bose kringloop wat eens en vir altyd gestuit moet word.”

Msimanga het aan Maroela Media gesê die DA beplan om ’n skrywe aan pres. Cyril Ramaphosa te rig waarin die opposisieparty versoek dat ’n onafhanklike kommissie, bestaande uit onafhanklike ingenieurs, op die been gebring word.

Msimanga sê só ’n kommissie is nodig om die waardeketting te monitor, te bepaal waar die skuiwergate is en hoe dit gepak moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Delia ·

DA, hier stem ek nie saam met julle werkswyse
N mens maak n afspraak as jy offisieël iemand wil sien. As hy dan afsprake nie nakom, dan kan jy dit verder vat.
Maar ek wil graag weet …hoekom lyfwagte???

Truman Burbank ·

Dit is die enigste manier om uit te vind wat aangaan. En verassings besoeke was die norm, veral in die 70′ en 80’s by hospitale..

Karoo ·

dit was ja, maar deur mense wat die die deur gewys kin word nie. Hierdie was nou net “dom” nie waar nie?

Delia ·

Truman, dit mag so wees. Maar as jy wil aanspraak maak op n spesifieke persoon se tyd, dan maak jy n afspraak. Lets be reasonable.

Martie Smartie ·

Dis ‘n staats entiteit wat gebou is,onderhou word en waar die werknemers en hoofde se salarisse deur die publiek betaal word. Rand Water behoort in effek aan die publiek. Maar die ANC gebruik dit as een van hulle korrupsie-koeie. So nee, staatsentiteite behoort oop te wees ten alle tye vi rinspeksie. En daar is sekerlik nog ander senior mense aan diens daar. Maar as chief in charge weet hy wat moet toegesmeer word.

Delia ·

Ek stem saam dat daar ongerymdhede verseker plaasvind. Kan John Steenhuizen sommer net gesien word as iemand daarop aandring. Maniere bly maniere en respek vir iemand se tyd bly net dit.

Nettie ·

In my dae het die inspekteurs orals, by skole, water, restaurante, supermarkte, lugrederye, ens. opgedaag om seker te maak als werk reg, word reggedoen en sekere inligting te bekom. Dit was nie net die reg nie, maar die plig van die publiek om seker te maak die staat verrig hul werk. Die DA sukkel om data uit Rand Water te kry, nou al vir maande. Dan is dit hul plig om te gaan kyk wat gaan aan.

Rudolf ·

Die vraag is eenvoudig – wie baat daarby wanneer water met spesiale watertrokke na gemeenskappe toe aangery word ? Iemand is besig om `n fortuin te maak.

Karoo ·

nie besig om ‘n fortuin te. aak nie, dit gaan al so lank aan hulle het al hulle eie bank.

Tanniepetoors ·

Die DA het die volste reg gehad en het dit steeds om verantwoording te vereis van Rand Water. Hoekom toegang en insig weier as alles reg en bo verdagte is?
Amptenare van ‘n waterbeheerinstansie lyfwagte, blouligte en onwettige toesigbeheer teenoor opposisie waarnemers?
My beskeie, maar uiters verskrikte (nie regtig nie, want die kalf versuip in die put) waarneming is, dat daar uiters korrup en wetteloos opgetree word by Rand Water.
Ek wil lelik praat, maar my ma het my mooi en goeie maniere geleer.

Karoo ·

Kyk, as jy dan die ontvangs verwag het, hoekom het jy nie dit beplan en ‘n afspraak gemaak nie? In alle bilikheid, dit sal by geen instansie goed afgaan nie. Ongeag wie voor die deur staan.

Martie Smartie ·

Daardi eplek behoort aan die belastingbetaler. Daardie amptenare se pay word deur my belasting betaal. Ek verwag deursigtigheid en rekenpligtigheid met my geld. Doen jy nie?

Delia ·

Natuurlik verwag ek dit, maar ek protokol bly protokol. Ek weet goed word toegesmeer. Ek sê die DA moes n afspraak gemaak het. Dis goeie maniere.

piet ·

So jy sou eerder wil he hulle moet gou iets toesmeer ? Daar’s geen protokol nie, hierdie mense as openbare verteenwoordigers kan enige tyd daar instap.

Nettie ·

Wanneer mens ‘n byenes probeer oopkrap, gaan goeie maniere jou nie ver bring nie.

Die DA het nou vir Rand Water gewys hulle is ernstig, en die minagting waarmee hulle nou al vir maande behandel word, gaan opgevolg word. Dit was die regte strategie. Die DA probeer al maande, indien nie jare nie, “nice” wees. Dit werk net nie.

vuurvliegie ·

As belasting betaler kan enige iemand by ‘n staats instansie opdaag. Dis jou reg. WE The PEOPLE pay their salaries

Delia ·

So wat jy dan sê is dat enige belastingbetaler by enige staatshospitaal kan instap en aandring om met die Uitvoerende hoof van die hospitaal te praat en vrae te stel.

piet ·

Nee, maar hierdie mense is beedigde openbare verteenwoordigers, hulle mag.

piet ·

Jy mis die punt, dus ‘n verrassingbesoek (baie nuttig) om te kyk wat aangaan en as beedigde openbare verteenwoordigers kan hulle dit doen. Dan het die spulletjie nie kans om vooraf toe te smeer nie. Laat my dink aan De Ruyter se boek. Hy se dat hy gou besef het om nie die “plants” vooraf te laat weet hy kom besoek nie want as hy laat weet, kan jy sommer weet hulle maak die plek netjies vooraf. Hy het agtergekom dat die vloere byvoorbeeld nat was as hy daar aankom.

Hester ·

ons sit nou al van Vrydag af met ‘n BAIE GROOT water pyp wat gebars het voor in die straat by my werk. Ons het dit aangemeld, maar geen mens kom uit nie…..DERDUISENDE liters water stroom id pad af.

miche ·

Ja Hester, ek wens daai vermorsde derduisende liters water by jul kon die tonne riool in( en rondom) ons straat kom wegspoel.

Steyn ·

En hoekom sal dit nou Rand Water se skuld wees? Rand Water verskaf tot by reservoir, en van daaraf na jou huistoe is dit die mislikepaliteit se verantwoordelikheid.

Oosieoos ·

Dit is hul reg anders word alles weer net weggesteek. As jy nie weet nie weet jy nie. Hier word nie eerlike mense besoek nie dis algemene kennis. Jy kan nie derde wereld karakters eerste wereld behandel nie punt

Johann ·

Disfunksionele arrogante vermeteldheid! Bloot onaantasbaar en onaanspreeklik. Kern karakter van ‘n ANC kader en kameraad. En vir wat die lyfwagte? Abslolute KLUG!

Kokerboom ·

Swart BMW met 2 lyfwagte nogal!!! Arrogant, vermetel onbevoeg en oorbetaal! Quo vadis SA?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regime is nogal ferm met leë beursiesin die sak. So sink hul onderdane in ellende.

Manie ·

Kom ons kyk so daarna: Sal enige van ons, iemand sonder ‘n afspraak by ons besighede/werkplek toelaat om inligting in te win en vrae te stel? Dit is wel in publieke belang dat die kwessie met Randwater uitgeklaar word, maar doen dit dan op die regte manier en nie op die verkeerde arrogante manier nie, want dan gaan julle nêrens kom nie. Die DA se blatante arrogansie op vele terreine gaan hulle nog sleg byt.

Delia ·

Verseker Manie. Hulle haal hulle self net n klomp argwaan op die hals. En dit beteken dan ook niks vir die gemeenskap. Doen dinge op die regte manier.

piet ·

Dis nie arrogant nie dis ‘n verrassingbesoek om seker te maak hulle steek nie goed weg nie. Onthou jy hoe die skoolinspekteurs gedurende Apartheid overwags by die skole opgedaag het? Beste manier om te sien wat aangaan anders word sekere dinge weggesteek vooraf.

Marthinus Johannes ·

Rand water het Baie om weg te steek, Groot bedrog en korrupsie daar. Dit is nie n entiteit waar die bestuur met lyfwagte moet rondry soos ministers nie. Bedrog loop van bo af tot onder waar waterlekke half en aanhoudend reggemaak word.

kragaap ·

Dink die DA het hul hand oorspeel. Niemand kan net by ‘n besigheid opdaag en verwag als moet stop sodat hul watookal hul wil vermag klaargekry het nie. Behalwe waar daar ‘n hofbevel is. DA maak maar ‘n afspraak.

Souterig ·

Rand water is maar net nog ‘n Eskom, Transnet, ens, met dieselfde storie agter die storie bv strooitjies wat 28c moet wees aangekoop vir R29 vir Transnet se blaas toestelle.

Kokerboom ·

Nou verstaan ons hoekom Randwater so disfunksioneel is! Soos ALLE SOO’s

Bolandse Nooi ·

MAFIA-staat op alle vlakke, dís wat ons geword het. Ek vra: AS JULLE NIKS HET OM WEG TE STEEK NIE, WAAROM AL DIE THUNDER AND CLOUD?????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.