En beurtkrag is weer terug

(Argieffoto: Maroela Media)

Die euforie van opgeskorte beurtkrag die afgelope paar dae was van korte duur.

Eskom het Dinsdagmiddag aangekondig dat fase 2 om 16:00 ingestel sal word nadat hy ’n “terugslag” in die terugkeer na diens van twee opwekkingseenhede beleef het. Drie ander opwekkingseenhede het boonop intussen ook die gees gegee.

Eskom sê fase 2-beurtkrag sal dus vanaf vanmiddag tot Woensdag 05:00 geld voordat dit tot fase 1 verlaag sal word. Fase 1 sal dan Woensdag vanaf 05:00 tot 16:00 geld voordat dit weer tot fase 2 verhoog sal word.

“Hierdie patroon van fase 1-beurtkrag van 05:00 tot 16:00 en fase 2-beurtkrag vanaf 16:00 tot 05:00 sal voortgaan tot verdere kennisgewing,” sê die kragvoorsiener.

Daar is tans is sowat 14 953 MW weens onbeplande onderbrekings nie beskikbaar nie, terwyl 7 638 MW se opwekkingskapasiteit weens beplande instandhoudingswerk uit die stelsel verwyder is.

Eskom sê die bestuurders van sy kragstasies en hul spanne werk intussen onverpoosd om te verseker dat 2 700 MW in opwekkingskapasiteit voor die einde van die week weer tot die kragnetwerk gevoeg word.

Eskom se voorspelling vir vanaand se piektyd is 24 977 MW.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gert ·

So skep sekeres in die regering aan albei kante.
Ligte aan- verkoop hul peperduur diesel en maak vet pond,
Ligte af en verskaf hulle meganiese onderhoud en maak vet pond.
Ons is solank as wat ons dit toelaat vas in hul drakoniese strik van komunisme.

SwartBees ·

Maar ou Cyril het dan gesê hoe suksesvol hulle is, hoe is hierdie dan moontlik?

Oosieoos ·

Waarheid Gert en sit ook krag af in die nag want hulle weet bedags verskaf ons son panele krag so maak hulle ook geld die skelms

Sonblom ·

Dis so bietjie kouer vandag in Gauteng en dit reën. Elke keer wat die weer na die kouer kant gaan, is dit load shedding of hoër fases. Het iemand anders dit ook al opgemerk?

Michael ·

Nonsens, soos die mense terugkeer werk toe is die aanvraag groter en die onbevoegde mense kan nie daardie somme maak nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.