SA klag teen Israel ‘barbaars, verregaande’  

Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste. (Foto: GCIS)

Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste, sal Suid-Afrika se afvaardiging na die Internasionale Geregshof in Den Haag lei waar die eerste gedeelte van die land se volksmoordklag teen Israel Donderdag en Vrydag aangehoor word.

Die afvaardiging bestaan uit verskeie Suid-Afrikaanse diplomate en amptenare, wat insluit Phindile Baleni, direkteur-generaal in die presidensie, Zane Dangor, direkteur-generaal van die departement van internasionale betrekkinge en samewering, en adv. Doctor Mashabane, direkteur-generaal van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling.

Senior internasionale politieke figure sal ook by die afvaardiging aansluit, onder wie Jeremy Corbyn, voormalige leier van die opposisie in die Verenigde Koninkryk.

“Ons is vasbeslote om ʼn einde aan die volksmoord te sien wat tans in Gaza plaasvind,” het Lamola Dinsdag gesê.

“Ons word veral deur wêreldleiers aangemoedig wat hulle nie blind hou [hiervoor] nie en aan die regte kant van die geskiedenis staan deur ʼn saak te ondersteun wat ten doel het om die regte van mense te beskerm, ongeag hul nasionaliteit of etnisiteit.”

Israel se president, Isaac Herzog, het Suid-Afrika se klag intussen as “barbaars en verregaande” beskryf.

Hy het dié opmerkings Dinsdag tydens ʼn nuuskonferensie gemaak waar die VSA se minister van buitelandse sake, Antony Blinken, ook teenwoordig was.

Suid-Afrika beskuldig Israel van dade van volksmoord teen die Palestynse bevolking weens sy aanvalle in die Gaza-strook en voer aan Israel oortree die Volksmoordkonvensie van 1948 waarvan albei lande ondertekenaars is.

Herzog en Blinken het Dinsdagoggend vergader waar hulle onder meer oor dié saak gepraat het, asook die pleidooie van Israeliese gyselaars wat nog steeds deur die Palestynse terreurgroep Hamas aangehou word.

“Ek het benadruk dat ons, in die Internasionale Geregshof, Israel se fundamentele reg om homself te verdedig, duidelik en met trots sal voorlê,” het Herzog op die sosialemediaplatform X gesê.

“Daar is geen groter skynheiligheid as die beskuldigings teen Israel nie – wat in ooreenstemming met internasionale humanitêre reg optree om alles moontlik te doen om burgerlikes te beskerm terwyl ons teen ʼn wrede en barbaarse vyand veg wat massamoord opsetlik en opgetoë pleeg. Dít terwyl hulle [Hamas] agter ʼn menseskild skuil.”

Hoewel daar ook baie kritiek teen Suid-Afrika se klag is, blyk dit dat die saak oor die afgelope paar dae al meer steun kry. Teen Dinsdag het meer as ʼn duisend progressiewe internasionale organisasies al hul steun vir Suid-Afrika se aansoek verklaar, aldus ʼn berig deur News24.

Die VSA bly egter een van Israel se bondgenote wat steeds bankvas agter dié land staan.

Die hof sal vandeesweek op die eerste aspek van Suid-Afrika se saak fokus, naamlik sy aansoek dat tussentyde maatreëls onmiddellik ingestel moet word om Israel te stuit en die Palestynse bevolking te beskerm.

Ou VN-verslag ‘staaf’ SA-argument

Suid-Afrika se regspan, onder leiding van adv. Adila Hassim, sal Donderdag in mondelingse argumente aanvoer dat die Israeliese weermag se aanvalle op Gaza ná Hamas se aanval op 7 Oktober baie verder as selfverdediging gegaan het.

Suid-Afrika meen Israel het ten doel om die hele Gaza-bevolking uit te wis as deel van ʼn groter doelwit om die Palestynse bevolking te teiken.

News24 berig verder dat Suid-Afrika se betoë teen Israel se selfverdedigingsargument op ʼn 2009-verslag deur die Verenigde Nasies se feitesending oor die Gaza-konflik berus. Dié verslag weerspreek Israel se selfverdedigingsargument en stel onder meer dat Israel se fyn beplande militêre operasies inderdaad wyer strek as om die land en sy burgers teen missielaanvalle en dies meer te beskerm, maar eerder die mense van Gaza as geheel teiken.

“Die herhaalde versuim om tussen vegters en burgerlikes te onderskei lyk eerder soos die gevolg van opsetlike begeleide opdragte aan soldate, soos deur sommige van hulle beskryf, eerder as voorvalle wat nou en dan plaasvind,” lui die destydse verslag.

Maroela Media het vroeër berig dat benewens ʼn bevel om Israel nou te beveel om sy Gaza-offensief onmiddellik te staak, vra Suid-Afrika ook vir bevele om gedwonge ontheming stop te sit en humanitêre toegang moontlik te maak.

Die geregshof kan al hierdie maatreëls toestaan soos deur Suid-Afrika versoek, of die land se aansoek in geheel van die hand wys. Die hof kan selfs ʼn heel ander beslissing maak, of besluit dat nie by magte is om ʼn oordeel te vel nie.

Hoewel dit al gebeur het dat lande die geregshof se uitsprake blatant geïgnoreer het, het verskeie ontleders nou gesê dat ʼn simboliese besluit net so belangrik is. Sou die hof die tussentydse maatreëls toestaan en Israel dit ignoreer, sal dit die wêreld steeds herinner dat state ook verantwoordbaar is. Kenners meen in dié opsig sal die saak waarskynlik ʼn morele kwessie word.

Dit kan ander state ook aanmoedig om stappe teen Israel te doen, byvoorbeeld die instelling van sankies of staking van finansiële steun en ander ooreenkomste.

Die meriete van die breër klag dat Israel besig is met dade wat op volksmoord neerkom of daartoe kan lei, sal eers later aangehoor word. Uitspraak in dié verband kan dalk jare neem, hoewel uitspraak oor die tussentydse maatreëls binne weke gelewer kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Renier ·

Die mense hou van n titel voor sy naam. Geen idee wat dit beteken,of wat dit verg om te verdien,maar die kaders like dit.

Highlander ·

Al wat verregaande is, is dat SA leiers betrokke is. Weet hul base hiervan?

Net-my-opinie ·

Daar moet eerder ‘n klag van volksmoord teenoor die ANC regering aanhangig gemaak word teenoor ons boere, gesien in die lig van en teen die tempo waarteen hulle plaasmoorde toelaat, aanpor, stilswyend ondersteun deur niks daaraan te doen nie en selfs te ontken, soos gedoen deur ons eie staatspresident. Die ANC geleide regering moet ook daaraan dink om hand in eie boesem te steek en die balk eerder uit sy eie oge te haal as jy kyk hoe hoog ons wat “vrede” beleef se moord en verkragting koers in SA is.

Bekkie ·

Pateties, moet Israel nou net Hamas los dat hulle doen wat hul wil soos die EFF? Ag sies man !

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC regime sal seker ook ‘n onafhanklike Wes-Kaap binneval om ons burgers aan te val.

Connie ·

Israel verdedig net hul self. Kry jul eie land, wat in n gemors gedompel is in orde en los Israel uit.

Jan Jacobs ·

Boere troops Rusland, het sy mense indie Donbas streek in Ukraine gaan red, van volksmoord.

Harry ·

I would like to know how much this little trip to involve South Africa in an international conflict that does not concern us will cost.

Althes ·

Basiese menseregte soos elektrisiteit, skoon water en beheerde misdaadvlakke van gewone burgers in SA word geskend.
Dan praat ons nie eens van die basiese en gelyke reg van wit, bruin en indiër om indiens geneem word sonder om teen die kleur van jou vel te kyk nie.

Jacques Dawie ·

Net n vraag. Kan Israel ook die SA se ANC hof toe vat vir die slagting en moord van Boere, dit wat Ramaphosa ontken het gebeur as daar daaglikse bewyse is van dit wat regtig aangaan in Suid Afrika?

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

En die ANC en VVO en sy Veiligheidsraad is ook maar net lakeie van die bose magte se stryd teen die Weste. Tragies dat die waarheid só verwring kan word.

popsa ·

WIE is SA om te praat? Israel kan net daar omdraai en ‘n klag teen SA lê op grond van die korrupsie, volksmoord en plaasaanvalle op eie bodem. As daar dan wel bepaal word dat IDF uit Gaza moet onttrek, MOET die bepaling insluit dat 136 ontvoerde gevangenis soos in onmiddellik vrygelaat word. PLUS strafmaatreëls teen Hamas vir die onmenslike misdade van 7 Oktober 2023. PLUS uitvoerbare maatreëls (waarby wie sal hou?) wat die herhaling van 7 Okt sal verhoed. So wie gaan Hamas en sy goeie trawante dan verder in toom hou? Wat ervaar 136 gevangenes huidiglik in Hamas se hande? Wanneer eis SA en kie dat daardie gevangenes (wat beslis nié pow is nie) onmiddellik vrygelaat word? Miskien probeer SA oa aandag aflei van eie sondes, maar eintlik spring mens maar net flink as ouboet die tamboer slaan; dom, dwaas, sinneloos, onmenslik wreed of nie.

Anel ·

En wat kos die uitstappie ons nou weer? Ek glo dat hierdie regering eers toestemming van die land se burgers moet kry voor hulle die land verlaat, op ons koste, vir sulke belaglikhede! Verder, haal eers die balk uit julle oë voir julle die splinter in ander se oë sien. Die anc maak homself belaglik!!! Dit is hulle organisasie wat die klag lê. Julle het nie my ondersteuning nie. So, julle het nie die toestemming van meeste van die burgers van hierdie land nie. En hulle spog dat ons ‘n demokrasie is!!!

Denise ·

Hamas het eerste begin.. so hulle moes weet dat Isreal nie gaan stil staan nie.
Die ANC moet bykom… maak dinge in ons land reg voor jul wil help in ander lande, want die ANC het geen benul wat hul doen of wil doen nie

Jan Jacobs ·

Nee vlakvark dit is die weste se regerings, wat die weste se mense onder druk, immigrante, global warming en daai klas van goed

lollapot ·

Charity begins at home… Plaas hul tyd en finansies spandeer om die kriminele aktiwiteite op eie bodem uit te sorteer. Wat anders as menseslagting beleef ons Boere in SA?

Jaco ·

Onder die ANC laat hulle volksmoord toe in hulle eie land, nie net die aanvalle op die boere nie maar ook die uit beheer moord syfer waaraan dat nie veel gedoen word nie.

Juan ·

As die regering maar net dieselfde op getree het teenoor Rusland se aksies in Oekraine…….

Kuver ·

Jan jacobs, ek het n rukkie terug vir jou gese jy weet niks en is ook maar net n tjommie van die anc, hamas en rusland en dus sien jy nie deur jou oogklappe raak wat hierdie gemors doen nie, nou wil jy nes hulle die Weste blameer, nee boet jy moet bykom

Jan Jacobs ·

As julle ophou Haas Das en nuus kas kyk, en onafhanklike nuus volg, kan julle dalk iets leer oor Ukraine e Gaza.

Chris ·

Ek is weereens nie teleurgesteld in die bisarre sotlikheid van die terroriste regime nie. Die probleem is dat iemand in die bek geruk of geskop gaan word en onskuldige mense gaan ook daaronder geoordeel word.

Arend ·

As ons liewe regering voorbeeld gevolg het met Putin of die Sudanese Omar al-Bashir, maar nou gaan vergat ons net ons naam alweer.

Seef ·

Kuver ek stem saam. En hy kan nie eers ‘n eenvoudige sin saamstel nie. Haha.

Jacobus ·

Net-my-opinie jy stel dit mooi jy is 100% reg. Hierdie anc regering bestaan uit n klomp terroriste soos hamas.

Roek ·

Gee ook redes waarom jul nie massa moordenaar wat in ons land was en weer uitgesmokkel het nie gearresteer het soos julle moes nie.

Roek ·

@Anel. beslis meer as R10 , frikkedel sal on later se en dan weer oor ‘n jaar sy “tune”verander !

Jan Jacobs ·

Seed jy is seker ook hoogs geleer jou algemene kennis in maar front jong.

Gert ·

ANC “smokescreen” om uit die kollig te kom en soos n held te probeer lyk onder sy komunistiese kiesers en bongenote. Hul besef nie dat hul nou die oorlogveld betree waar God self betrokke is by Sy nasie nie.

MARTIE ·

Die enigste rede hoekom die ANC Israel verkla is om die wêreld se aandag af te lei van hulle eie menseregte vergrype, korrupsie en totale mislukkig as ‘n regering.

koos10 ·

Please note that this ANC people is not speaking on all South Africans behalf. Surely not on my behalf. They cannot rule this country, but like to preach to others. They even admit to lie publicly in parliment, to protect one of there own, and do not even appoligies. Please do not belief them or fall prey to their soppy stories.

Jan Jacobs ·

Gert, hoe sal God toelaat, Dat iemand wat sy Seun verwerp, christene verag en vermoor. Sy nasie is. God het Isreal ongeveer 400 jaar voor Christus verlaat. Jesus het die nuwe Isreal kom skep. Dis nou die groep wat christene genoem word.

Marianna ·

Hoeveel gaan hierdie uitstappie nou weer vir belastingbetalers kos? Daar is nie geld vir die belangrike dinge in ons eie land nie.

domheks ·

Werkskepping en sommer ‘n lekker uitstappie vir cANCer se dienaars!

Andre ·

…kom ons hoop Lamola en sy meelopers kry kry ‘n goeie pak slae!

hendrik ·

Weet julle wat ons kan almal nou maar skree kwaad word en hande klap, ons as mens dink ons het die laaste se oor alles ons dink ons kan Israel oordeel en sleg se maar ons vergeet baie maklik Wie is in werklikheid in beheer oor al die gebeurlikhede wereld wyd dit is God die Vader God die Seun en God die Heilige Gees. Lees maar die Woord van Genesis tot Openbaring Dan sal ons net weer besef wat aan die gang is. Ons is tog so bekommerd oor die wereld se dinge en wie is reg en wie verkeerd Dat ons skoon vergeet waarna toe ons eintlike besteming is. Laat ons liewer ons oe en ore en harte oopmaak en regmaak vir dit wat regtig saak maak.

Schalk ·

@Jan Jacobs. God het Israel 400 jaar voor christus verlaat!? Waar kom jy vandaan? Se gou vir my, waar is die sogenaamde “nuwe” Israel?

Jan Jacobs ·

Schalk Matt 22:1-14 verwys na die bruilof gaste. Matt 15:24 daar daar se Christus hy het net gekom vir die verlore skape van die huis van Isreal wat verstrooi is, en die apostels is op drag gegee, om die evangelie aan hulle te bring.

Henry ·

meer mense word in Suid Afrika vermoor as in die midde ooste oorlog. Wat van Rusland se oorlog.
Moet hullr nie eerder Rusland wèreld hof toe neem nie of dalk moet iemand die regering wèreld hof toe neem

Lettie ·

Hendrik stem met jou saam. Daar is net één Koning -geskryf met hoofletter K – oor die hele aarde! GOD REGEER. HY is in beheer. Lees Luk 12:51-56. Dis waar ons tans is. Bekeer julle. Die tyd loop uit.

piet ·

En die meerderheid van daai 2% Christene in Israel is Palestyne wat in Israel woon.

hendrik ·

Schalk ek se weer gaan lees die Woord van Genesis tot Openbaring. Dan sal daar antwoorde gegee word.

John ·

En ons word verteenwoordig in die hof deur mense wat geen ordentlike onderwys gehad het nie maar aangestel is deur vel kleur en ondersteuners van die oorlog in Ukraine.

Theuns ·

Die CHEEK!
Kla Israel aan oor 23000 terwyl ramaposa se anc 150 000 mense laat verhonger en sterf sonder SASSA toelaes!!
VOLKSMOORD in sy ergste vorm word DAAGLIKS in RSA gepleeg!

PLUS 74 MOORDE PER DAG MEER AS WAT PER DAG STERF IN GAZA!
Siek onder ramaposa met sy geld in die rusbank…dis mos nie logies nie?

Bolandse Nooi ·

Hulle vlieg seker weer op Inkwazi teen ‘n koste van R600 000.00 vir dié trippie. Kwalik 2-3 jaar gelede wou hulle (die ANC) lidmaatskap van die Internasionale Strafhof opskort na die Al Bashir-debakel waar laasgenoemde, ten spyte van sy internasionale veroordeling en skuldigbevinding aan volksmoord, toegelaat is om in Suid-Afrika vryelik rond te beweeg.

Nou gebruik hulle die einste Internasionale Strafhof om ‘n land wat vir self-behoud veg en terrorisme teëstaan, van volksmoord aan te kla, maar RUSLAND, wat Oekraïene ingeval het byna 3 jaar gelede en daagliks 1000’e onskuldige mense doodmaak, kinders in gesluit, word oor die hoof gesien?

Bolandse Nooi ·

@Hendrik, as jy die 2000-jaar oue bybel wil aanhaal in vandag se moderne tye, gaan jy op jou neus kyk. Daar staan in die bybel dat mens nie mag doodslaan nie, daar staan ook dat jy nie mag skei nie en dat ‘n vrou met haar oorlede man se broer moet trou wanneer haar man sterf. Die bybel soos ons dit ken, is ‘n geskrif wat uit die bronstydperk kom en is slegs ten dele opgeneem in die 1933 Afrikaanse vertaling. Daar is verskeie stukke wat té grafies beskou is, om opgeneem te word in ons “ordentlike” Afrikaanse bybel. En wie sê nie die Quran is eintlik die régte bybel nie? Hoe sal ons weet?

Casper ·

Dit help nie om in die strate en voor standbeelde te betoog nie,wat saak maak is die voorleggings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.