“Die departement weet al maande lank van hierdie probleme, en nou, net drie dae voor die skool begin, is dit skielik ʼn krisis.”
Lees meerAlles vir Woensdag 10 Januarie 2024
Regspraktykraad moet Afrikaans in sewe dae herinstel – Solidariteit
Solidariteit meen die Regspraktykraad kan veel eerder die regsberoep se historiese verbintenis met Engels én Afrikaans behou en versterk, en daarby ander inheemse tale binne die konteks van die regsberoep ophef en uitbou.
Vyf vas vir Ermelo-boer se moord
Jannie Weideman se lewelose liggaam is in Desember verlede jaar by sy huis aangetref.
Nóg onafhanklike krag vir Kaapstad op pad
Die metro sê die belangrikste prioriteit is om Kapenaars teen Eskom se eerste vier fases van beurtkrag te beskerm en eindelik beurtkrag in die metro af te skaf. Dit word gedoen deur ʼn korttermynplan om onafhanklike krag by die metro se kragaanbod te voeg.
Diplomatieke kollig op SA by Geregshof
Ontleders meen Suid-Afrika se stap om Israel te verkla is deur historiese én politieke redes aangevuur – onder meer steunwerwing vir die komende nasionale verkiesing.
Duisende wag nog op Sassa-uitbetalings vir Januarie
Volgens Bridget Masango, die DA se skaduminister vir maatskaplike ontwikkeling, is daar tans nog meer as 700 000 landwyd wat wag op hul geld.
‘Skynheilig’; nie almal steun SA se klag teen Israel
Die groep organisasies wil by die Suid-Afrikaanse regering weet waarom hy nie kapsie gemaak het teen die talle gruweldade wat teen onskuldige burgerlikes gepleeg is nie – nie net in Palestina nie maar ook in lande soos Sirië, Nigerië, Rwanda, Mosambiek en Afghanistan.
Dié velsorgbestanddele is vanjaar se gunstelinge
Totsiens, ingewikkelde velsorgroetines en hallo, veeldoelige produkte.
GDO wil gr. 8’s by laerskole plaas
Tydelike klaskamers staan gereed om by verskeie laerskole in Kempton Park afgelaai te word in ʼn desperate poging om plek te vind vir gr. 8’s wat aansoek gedoen het by hoërskole in die omgewing.
Desember-motorverkope: Toyota, VW gee pas aan
Kyk hier watter voertuie was die topverkopers in Desember.
Hou gerus dié spelers in Melbourne dop
Van Novak Djokovic en Iga Swiatek tot Carlos Alcaraz en Elena Rybakina het van Sondag net een doel voor oë: Australiese Ope-glorie.
‘X-Men’-akteur (42) verloor kankerstryd
Hy het aan blindedermkanker gely.
Musiekvideo: Jan de Wet se seun skryf skoollied vir Ons Plek
“Toe Helpende Hand my vertel wat hulle by Ons Plek doen, het dit my opnuut laat besef dat daar ʼn blink toekoms voorlê vir enigiemand wat geleenthede aangryp.”
Rory pleit vir gholfvrede voor aanslag op Meesterskroon
McIlroy glo ʼn ware wêreldreeks wat verskeie nasionale Ope en die vier Majors insluit, is hoe die wêreld se heel beste spelers weer op dieselfde verhoog in aksie gesien gaan word.
Resep: Sampioen-aartappels met sjerrie
Bederf jou gesin met dié aartappelgereg.
Stormsterk winde waai binnekort deur ‘Suidooster’
Dit is ʼn nuwe jaar, met nuwe kinkels vir die inwoners van Ruiterbosch.
Miljoene rande vir ‘beste van die beste’ vir Inkwazi-passasiers
Die Suid-Afrikaanse Lugmag (met ander woorde die belastingbetaler) moes oor die afgelope vyf jaar byna R139 miljoen hoes aan na bewering spyseniering aan boord die Inkwazi- presidensiële vliegtuig. “Dit kan mos nie,” sê ’n verdedigingskenner.
Kanadese toeriste in Mbombela aangehou, beroof
ʼn Onbekende bedrag kontant is ook uit die slagoffers se bankrekeninge by verskeie OTM’s onttrek.
SA klag teen Israel ‘barbaars, verregaande’
Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste, sal Suid-Afrika se afvaardiging na die Internasionale Geregshof in Den Haag lei waar die land se klag teen Israel vandeesweek aangehoor word – ʼn klag wat Israel ten sterkste verwerp.
Vragmotor tref woonstelblok in Durban
Die bestuurder van die vragmotor was in die wrak vasgekeer.