Vragmotor tref woonstelblok in Durban

(Foto: Verskaf)

Paramedici van Advanced Life Support (ALS) is Woensdag omstreeks 07:30 na ʼn toneel in Ridgeview Cato Manor in Durban ontbied nadat ʼn vragmotor in ʼn woonstelblok ingeploeg het.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van die nooddiens, het paramedici op ʼn chaotiese toneel afgekom.

“Die bestuurder het op die een of ander manier beheer oor die vragmotor verloor toe hy om ʼn draai gekom het. Hy is regdeur die heining en het in ʼn woonstelblok ingeploeg.”

Hy sê die bestuurder van die vragmotor was in die wrak vasgekeer. Die brandweer en die Netcare911-reddingseenheid is onmiddellik ontbied.

“ALS-paramedici het saam met EMRS-paramedici gewerk om die bestuurder te stabiliseer, terwyl die res van die spanne gehelp het om die bestuurder uit die wrak te probeer bevry. Ongeveer ʼn uur later is die pasiënt met behulp van kake van die lewe uit die wrak gered.

“Hy is versigtig uit die vragmotor verwyder voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.”

Volgens Jamieson het ʼn inwoner van die woonstelblok matige beserings opgedoen.

“Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy deur ALS-paramedici na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

“Die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is nie in hierdie stadium bekend nie.

“Die polisie was ook op die toneel en ondersoek die saak,” sê Jamieson.

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

koos10 ·

Dankie Sandra. Onverklaarbare manier???? Nee baie verklaarbaar, soos Sandra meld.

Olive ·

Onbevoegde bestuurder. As hy nie vasgekeer was nie, het hy weggehol. Hulle sal hom nou nog gejaag het. Hulle moes hom nie versigtig uit die wrak gehaal het nie, want hy het nie versigtig om die draai gery nie.

Bolandse Nooi ·

Spoed en oorhaastige bestuurder … ‘n Konstruksievoertuig wat @ 100km/uur om ‘n draai kom is ‘n ongeluk wat wag om te gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.