‘X-Men’-akteur (42) verloor kankerstryd

Adan Canto. (Foto: Facebook)

Medelye van reg oor die wêreld stroom in vir die Meksikaanse akteur, Adan Canto, wat Maandag in die ouderdom van 42 sy stryd teen kanker verloor het.

Canto was bekend vir sy rol as Sunspot in die fliek, X-Men: Days of Future Past, asook sy rolle in televisiereekse soos Designated Survivor en Narcos.

Volgens Canto se publisiteitsbestuurder, Jennifer Allen, het hy aan blindedermkanker gely.

“Adan het ʼn diepte aan sy gees gehad wat min werklik geken het. Diegene wat dit wel kon raaksien, is vir altyd verander. Hy sal gemis word,” het Allen in ʼn verklaring gesê.

Talle kollegas en vriende in die vermaakbedryf het roerende huldeblyke aan Canto op sosiale media gelewer.

Adan laat sy vrou, Stephanie Ann, en twee jong dogters agter. (Foto: Adan Canto/Facebook)

“Ek het nog nie die woorde nie … maar my liewe, goeie vriend Adan het pas sy vlerke gekry. Vir altyd, vir altyd in my hart,” het die aktrise Halle Berry geskryf. Sy het teenoor Canto in X-Men: Days of Future Past gespeel.

Canto se medespeler in Designated Survivor, die akteur Kiefer Sutherland, het ook ʼn huldeblyk aan Canto op Instagram gelewer.

“As ʼn akteur was sy begeerte om goed te doen en telkens beter te vaar, werklik indrukwekkend en hy sal gemis word. Ek is hartgebroke vir sy vrou, Steph, en hulle twee jong kinders. Adan, mag jy in vrede rus.”

Canto laat sy vrou, Stephanie Ann, en twee jong dogters, onderskeidelik vier en twee jaar oud, agter.

Bykomende bronne: BBC, People

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gaitsigubib ·

Die waarheid is dat 1 tot 3 uit n miljoen mense in die VSA ontwikkel hierdie skaars kanker, wat gewoonlik jong volwassenes tref, maar sederd 1950 is dit 200% meer algemeen. Die ou lyk op die oog af gesond, so mens sou wonder wat daardie kankerselle ge “trigger” het. Produkte wat op lande gespuit word is reeds in die EU en VSA verban maar dit word steeds is SA en ander 3de wereld lande gespuit. Lees gerus op die internet wat is Agent Orange se ander naam en wie dit verkoop. Dis word na baie hofsake steeds sonder enige probleem in Afrika gespuit op graan, maar almal wonder waarom word mense siek. Ek bly eerder stil oor die laaste 3 jaar se euwels.

Gaitsigubib ·

Kyk gerus na die dokumenter op you tube, “children of thalidomide” Dis nogal skrikwekkend dat sulke medesyne steeds in 3de wereld lande verkoop word. Dink maar self of mens die farmaseutiese bedryf kan vertrou…..

George ·

Ek hou niks van die woord Meksikaanse nie ..klink uit pas vir my Mexico ja

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.