Desember-motorverkope: Toyota, VW gee pas aan

Motorverkope begin gewoonlik teen einde November daal, maar gesonde verkope in Desember het die bedryf se jaar goed afgesluit.

Daar is in Desember 40 329 voertuie verkoop en ʼn billike 26 612 voertuie is uitgevoer.

Mercedes-Benz was in Desember met ʼn reusemarge die sterkste uitvoerder met 11 427 C-klas-motors wat uit Oos-Londen uitgevoer is. Die tweede posisie behoort aan Ford met 6 432 Rangers wat in Silverton vervaardig is. Toyota neem die derde plek in met 5 833 Toyotas wat in Durban vervaardig is. Die vierde en laaste plek word deur BMW ingeneem met 2 399 X3’s wat uit Rosslyn kom, en die groot verrassing is Volkswagen wat slegs drie uitvoeritems aangeteken het.

Januarie behoort ʼn groot uitvoergetal vir Volkswagen in te hou – voorraad wat opgebou is voor hy vir Desember gesluit het. Die hoë rentekoers wat steeds die eindgebruiker onder druk plaas, kan egter moontlik plaaslike verkope in die eerste kwartaal onder druk plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.