Simoné nóg ʼn Pretorius ryker

Die aktrise Simoné Pretorius en haar man, Andries, se tweede kind is gebore. (Foto: Instagram)

Die aktrise Simoné Pretorius en haar man, Andries, het Dinsdag die ouers van ʼn babaseuntjie geword.

Simoné het in ʼn plasing op Instagram die koms van haar tweede kind aangekondig en talle kiekies van sy geboorte gedeel.

“Ek wil net sê dat ons Jamie hier is en hy is perfek!” skryf die Hotel-aktrise.

Klein James Andries Pretorius is Dinsdag om 21:40 gebore en weeg ʼn stewige 4 kg.

Pretorius het bekendheid verwerf met haar rol as Nadia in die SABC 2-sepie 7de Laan en was te sien as die huwelik-sku Irma Humpel in die lokettrefferrolprent Vir die voëls. Sy het ook weeksaande op die kassie gekuier as suster René Spies in die kykNET-sepie Binnelanders.

Sy en Andries, ʼn eiendomsontwikkelaar en sakeman, is in Februarie 2019 by die Lunikhy-wildsplaas buite Bela-Bela getroud.

Pretorius het in Julie verlede jaar aangekondig sy is swanger met hul tweede kind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Spekkies ·

Baie geluk met die nuweling. Hoop hy gaan julle baie vreugde verskaf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.