Onwettige mynbedrywighede in Noord-Kaap gepak

(Foto: Verskaf)

In ʼn poging om die voortslepende uitdagings wat met onwettige mynbedrywighede gepaard gaan, uit die weg te ruim, het wetstoepassers van die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap ʼn reuseklopjag in die Nuttabooi-myngebied uitgevoer.

Die operasie, genaamd Vala Umgodi, het gefokus op transnasionale oortredings en die toenemende misdaad in hierdie myngebied.

Brig. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn multidissiplinêre span bestaande uit die polisie, die weermag (SANW), die departement van binnelandse sake, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die departement van justisie en die Vetus Schola-veiligheidsmaatskappy, het op die gebied toegeslaan en 24 mense in hegtenis geneem wat onwettig in die land is.

Van die 24 mense is 12 Lesotho-burgers, 11 Zimbabwiërs, en een ʼn burger van Mosambiek.

“Die spanne het beslag gelê op toerusting en gereedskap wat vir onwettige mynbedrywighede gebruik word, onder meer kragopwekkers, siwwe, klophamers, kragomsetters, veiligheidstewels, oorpakke, gassilinders, ʼn televisiestel, kookgerei en gasstowe,” het Gamieldien gesê.

“Die items is in ʼn onbewoonde hut in die Bontekooi‑ informele woongebied gevind.”

Lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale polisiekommissaris, het aangedui dat die polisie nie sal toelaat dat die provinsie deur buitelandse burgers geïnfiltreer word nie.

“Hierdie soort operasies sal verseker dat ons die plekke waar hierdie onwettige myners kan werk, al hoe minder maak,” het Otola gesê.

Otola het ook die betrokkenes geloof vir hul onvermoeide strewe om onwettige mynbou in die distrik uit te roei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hendrik ·

Hd onwettige bedrywe moet tog baie ooglopend wees. Waarom neem dit so lank voordat hul aan die pen ry?

Prikkie ·

Hou maar aan probeer ja – of daar enige permanente sukses sal wees is ongelukkif twyfelagtig.

Johan ·

Hulle kan nie grond kry nie want hul kan nie boer nie, meeste is onaanstelbaar agv arbeid wetgewing en die swak onderwys, ek sê laat hulle myn, daar is baie om te myn, al is dit net so diep as wat hy kan grawe, ten minste doen hy iets. Wat is die alternatief, vrek in n plakkerskamp op n toelaag wat ons ekonomie verwoes. Laat die massas myn.

Roek ·

@johan, ek stem saam , daar is baie ander goed waarmee die sapd hul self mee kan besig hou !

Danie ·

Die polisiekommissaris het duidelik nog nie n bietjie in daardie gebiede rongery nie.
Sal nie infiltrasie toelaat nie.
Asseblief

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.