Beurtkrag bly opgeskort

(Foto: pixabay)

Suid-Afrikaners wat dalk bekommerd was dat beurtkrag dié naweek ʼn stokkie kan steek voor hul voorneme om die Wêreldbeker-eindstryd tussen die Springbokke en die All Blacks op TV te kyk, kan ʼn sug van verligting slaak.

Beurtkrag bly tot minstens Sondagmiddag opgeskort, het die kragvoorsiener Donderdag gesê.

Eskom sê danksy voldoende opwekkingskapasiteit en noodopwekkingsreserwes, asook ʼn laer as verwagte vraag na krag dié naweek, sal beurtkrag tot Sondag om 16:00 opgeskort bly.

Die kragvoorsiener sê hy sal die situasie deurlopend monitor en later die vooruitsig vir die res van die week bekend maak.

Suid-Afrikaners se ligte is nou al byna ʼn week lank – oftewel sowat 160 uur – ononderbroke aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Piet parys ·

Hoe skort mens beurtkrag op . Mens kan krag opskort want dit is iets wat jy het . As jy krag het kan jy dit opskort maar as jy niks krag het nie en dit opskort het jy nog steeds niks .

Papsak ·

Solank anc regeer gaan beurtkrag bly kry hulle uit en alles sal terug keer na normaal o ja versejer sal krag aan bly want goue gunstelinge speel die naweek kyk na die naweek weer donkerte hy flous homself nie vir my nie kry anc uit en alles sal goedkoper ook raak hulle jaag alles op en op bewys my verkeerd

SwartBees ·

Julle kan vir my dankie sê….want ek het vir my n UPS gekoop.

(Nie te min, soos Johann hierbo noem, ruik ek ook ‘n groot vuil rot).

Prikkie ·

En wie moet ons bedank? Virseker nie vir Eskom nie, maar wel al die landsburgers en fabrieke/kantore wat solar installasies opgerig het.

christo ·

Nie net is dit besighede en huiseienaars met alternatiewe elektrisiteitbeonne wat vir minder kragverbruik sorg nie, is dit ook die groot hoeveelheid besighede wat hulle deure moes sluit a.g.v. beurtkrag.

Se maar net ·

Jip, nou kennisgewing gekry op ESP dat beurtkrag Sondag stage 1 om 16:00 weer begin

Manie ·

Verkeerd, ek het vanoggend net na 4 opgestaan en opgemerk dat my inverter besig is om die battery te laai, dus moes daar in die vroeë oggendure beurtkrag gewees het terwyl ons almal rustig gelê en slaap het, salig onbewus van beurtkrag.

Piet 6 ·

Ek kan jou verseker dit was nie as gevolg van beurtkrag nie. Daar was ń kragonderbreking as gevolg van iets anders soos byvoorbeeld ń probleem met ń transformator.

Daar is ń verskil tussen beurtkrag en ń probleem in ń spesifieke area as gevolg van ń tegniese probleem.

Jeanette ·

Ja Manie hulle kom mos soos die Bybel se, soos ‘n dief in die nag ek skat seker so van 2 tot 4 of 5 dan slaap jy mos op jou lekkerste. Verbeel jou a.g.v. min aanvraag die naweek het alles sommer verbeter. Hulle is besig met baie slim streke!!!!!

Manie ·

My stelsel dui aan dat daar ‘n 2 uur onderbreking was, dus glo ek nie dat dit ‘n ander tipe onderbreking was nie.

Casper ·

SwartBees,ek het vir my ook ‘n UPS aangeskaf en ek was nog nie eendag spyt nie.Nou werk my WI-FI op die stelsel en my selfoon data hou baie langer.

SwartBees ·

@ Casper,
Ek sal jou goed glo. Sedert ek myne gekoop het was die krag nog glad nie af nie (touch wood). Ek glo dis n goeie koop maar hoe minder ek hom hoef te gebruik hoe beter.

Marina ·

Daai rot se naam is verkiesing, kyk wat daarna gaan gebeur. Ek lees ook dat die ANC se steun met 45% gedaal het, ek hoop net dat die steun nou by die regte party sal uitkom sodat SA oor die algemeen uit die gemors kan kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.