Sewe sterf tydens ‘boendoegeweld’

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie in Mpumalanga is besorg oor talle voorvalle van boendoeverhore wat tot sterftes gelei het. Dit kom ná sewe mense in vier afsonderlike voorvalle Woensdag in die Ehlanzeni-distrik vermoor is.

Twee persone is dood in ʼn plas bloed gevind ná hulle deur ʼn groep aangerand en verskeie beserings opgedoen het. Hul liggame is Woensdagoggend omstreeks 11:30 by Mjejane (Hectorspruit) naby Komatipoort gevind, sê kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie.

Intussen is ʼn 28-jarige slagoffer, wat verskeie beserings opgedoen het, dood aangetref in Marite by Ga-Behereni naby Bosbokrand. Die slagoffer is na bewering deur lede van die gemeenskap aangeval. Klippe, bakstene en stokke is langs die man se liggaam aangetref.

ʼn 33-jarige slagoffer het in Lydenburg aan sy beserings beswyk ná hy Woensdagaand omstreeks 19:30 by ʼn hospitaal opgedaag het. Volgens bewerings is hy deur ʼn groep mense by die Lydenburg-taxistaanplek aangeval.

Die polisie in Komatipoort is Woensdagaand na nóg ʼn boendoevoorval by Mjejane ontbied. Drie mense is aan die brand gesteek deur lede van die publiek. Hul voertuig en sleepwa is ook aan die brand gesteek. Die polisie probeer bepaal of die voorval moontlik verband hou met die voorval vroeër die dag in dieselfde omgewing.

“Die polisie waardeer pogings waar die gemeenskap hand-aan-hand saam met die polisie werk om seker te maak vermeende misdadigers word vervolg ná deeglike ondersoek. Die SAPD veroordeel egter ten sterkste voorvalle waar mense die reg in eie hande neem.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nicky ·

Ja want die polisie wil niks doen nie, hullle hou mos net die situasies dop

Kokerboom ·

Boendoe geweld gaan eskaleer gegewe ‘n falende polisiebestel!

Cassie Carstens ·

Gebeur noe amper soos wat in die Ou Testament beskryf word. Vir sekere ernstige oortredings word jy doodgegooi met klippe en geslaan. Jammer die Polisie kan nie meer ons land red nie.

marius ·

Dit gaan net toeneem en daar is niks wat die polisie of howe daaraan kan doen nie .

Amelia ·

Stem saam ons ek sal eerder erger strawe wou sien mense kom te maklik uit op borg en tronkstraf te lig my opinie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.