Die tyd vir Brendan Peyper om te besluit watter vrou sy hart die vinnigste laat klop raak by die dag minder, en wie hy volgende huis toe gaan stuur ʼn raaisel wat by dag moeiliker word om op te los.
Lees meerAlles vir Donderdag 28 Maart 2024
Minstens 32 beseer toe bus begin brand
Minstens 32 mense is beseer toe hulle ʼn brandende bus wou ontruim.
Tonne aartappels bring verligting voor Paasfees
‘n Boer, wat anoniem wil bly, het 34 ton oftewel 1 249 sakke aartappels aan Solidariteit Helpende Hand geskenk.
Vrou haar gim-lidmaatskap kwyt ná sy foto van man neem
Patricia Silva het ʼn foto van die man geneem wat in die vroue se kleedkamer staan en skeer het.
Beleidsposisie hersien om wild te beskerm
ʼn Hersiene beleidsposisie oor die bewaring en volhoubare gebruik van olifante, leeus, luiperds en renosters is vir implementering goedgekeur.
Ligte skudding in Kaapstad bevestig
Die Raad vir Geowetenskappe (RGW) bevestig dat ʼn ligte skudding Woensdagmiddag om 17:37 in Kaapstad plaasgevind het.
Stem en wen: Maroela se Somerbruid 2024
Stem vir jou gunsteling uit ons top-10 finaliste vir Maroela se Somerbruid en staan die kans om ‘n Miekeraai-geskenkbewys te wen!
DA stuur aanmaning oor onteieningswetsontwerp
Die DA meen die wetsontwerp is ongrondwetlik, hou ʼn direkte bedreiging in vir die Handves van Regte en sal nie die grondwetlike toets in ʼn hof slaag nie.
ToekomsVenster: Ons is mens onder mense
Paasfees herinner ons dat God die wêreld, die hele wêreld, die mensewêreld ingesluit, so lief het dat Hy sy beste opoffer sodat iets van eg menswees herstel kon word.
Sandton spog met eie sjokolade-kafee
In die Sandton City-winkelsentrum kan oud en jonk kreatief raak met sjokolade; van paaskoekies versier, tot s’mores bou en paashaas-klappers tot oorlopens toe pak. Dié sjokolade-kafee sal ook die lekkerste verskeidenheid paaslekkernye van gesogte handelsmerke bied.
Só vorder energie-aksieplan
Die energie-aksieplan moet die felheid en gereeldheid van beurtkrag in die korttermyn verminder en energiesekerheid oor die langtermyn behaal.
D-dag vir e-tol breek eindelik aan
Die minister van vervoer het die langverwagte kennisgewing in die ‘Staatskoerant’ gepubliseer.
Kom ontspan by die Pretoria-fees
Hierdie jaar se Pretoria-fees beloof om iets vir elke lid van die gesin te bied. As jy dus nog kopkrap oor hoe jy almal gaan besig hou oor die langnaweek, is dit dié fees waar jy wil wees.
‘Eiendomsreg word opnuut bedreig’
“Die ANC-regering kan nie meer vertrou word met grond, eiendomsreg of selfs prosesse tot grondhervorming nie.”
Luister: Hoe gemaak as misdadigers slagoffer speel?
Hoe maak ʼn vuurwapeneienaar as die misdadiger skielik slagoffer speel en ‘n teenklag lê?
Sluiting van kolleges ʼn ‘hou vir privaat hoër onderwys’
“Soortgelyke kwessies by instansies van hoër onderwys en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) moet getakel word om enige presedent, om nie ag te slaan op reëls of wetgewing nie, uit te roei.”
Lewenslange vonnis ná ‘duiwel hom aansê’ om eenjarige te moor
Die seuntjie se oom het in sy bekentenis aangevoer hy het die kind vermoor as ʼn vorm van sataniese offer om geld in die hande te kry. Hy het voorts getuig dat hy in daardie stadium van die duiwel besete was.
Bela: Minderheidsverslag ingedien oor Gauteng se aanvaarding
“Die insette van die meeste deelnemers aan die openbare verhore asook die talle skriftelike insette wat gemaak is, het duidelik daarop gedui dat die meerderheid van die ouer- en skoolgemeenskappe in Gauteng teen die Bela-wetsontwerp gekant is.”
Wetteloosheid op paaie dié Paasnaweek nie geduld
Die aantal voertuie op paaie sal na verwagting teen Donderdagmiddag op verskeie van die land se hoofroetes begin toeneem. Die owerhede pleit by motoriste om by die padreëls te hou en hul deel te doen om padsterftes te help verminder.
Huisarres,boete vir aanlyn boelie
ʼn Kuberboelie wat uitlatings teenoor Basetsana Kumalo, ʼn voormalige Mej. Suid-Afrika, en haar man, Romeo, gemaak het, is tot huisarres gevonnis en moet ook ʼn boete van R30 000 betaal.