Maroela Media is op soek na ’n webontwikkelaar om sy digitale platforms, bemarking en prosesse te ondersteun, deur die ontwikkeling en instandhouding van webgebaseerde oplossings.
Alles vir Donderdag 28 Maart 2024
Kaapstad-nooddienste wis niks van skudding
Daar was Woensdag verskeie plasings op sosialemediaplatform oor die skudding wat in veral die Milnerton-omgewing gevoel is, en wat dit moontlik kon wees.
Luister: Kom gedenk Vervolgingsondag saam met Geopende Deure
Talle Christene waag hulle lewe sodat ander die Lewe kan ken. Op Vervolgingsondag word hulle dapperheid herdenk en jy word genooi om betrokke te raak.
Video: SA’ners se humor onder die loep in sketskomedie
Wat anders kan ʼn mens doen as om te lag oor onderwerpe soos kanselleerkultuur, voornaamvoorkeure, die Russiese-inval, lisensiehernuwings en Wes-Kaapse semigrasie?
Banke lag, maar middelklas huil
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê hoë rentekoerse verskuif die rykdom van die armes na die rykes.
Jou gids tot maklike begroting: 5 maklike wenke
Met die regte benadering kan die bestuur van jou persoonlike finansies van ‘n bangmaaktaak verander in iets wat jy met ‘n glimlag takel.
Superaanhangers of superopportuniste?
Hierdie twee Suid-Afrikaanse superaanhangers het tydens 2023 se Rugbywêreldbekertoernooi in Frankryk meer as R1,3 miljoen van belastingbetalers se geld net op vlugte en akkommodasie verkwis.
Down-sindroom-tennisster ryg goud vir SA in
Die toekoms is nog ‘duister’, maar Clari wil in die nabye toekoms Suid-Afrika by ʼn Olimpiese Spele verteenwoordig.
Kyk: Tebogo wen 200 m-stryd teen Simbine
Suid-Afrika se Akani Simbine is tevrede met sy vertoning in Johannesburg. Die 200 m is immers nie sy voorkeuritem nie en hy is gereed vir die res van die seisoen.
Vrou versorg tossel wat sy vir krimpvarkie aansien
Toe die diertjie die hele nag lank nie beweeg of enigiets geëet het nie, het sy dit na ‘n veearts geneem.
Rafah-offensief kan skeur tussen Israel, VSA vergroot
Israel se premier het ʼn afvaardiging na die VSA uitgestel om dié land se bekommernisse oor Rafah te bespreek.
‘Ontvoerders’ koop motorbande met losprysgeld
Twee verdagtes wat ʼn man en vrou ontvoer het terwyl hulle stemme gewerf het en daarna buitebande gekoop het met die losprysgeld, is deur die Mpumalanga-polisie in hegtenis geneem.
Manjifieke Laura slaan spoggerige 100-tal
Kaptein Laura Wolvaardt het die eerste honderdtal van haar internasionale T20-loopbaan geslaan en die Protea-vrouekrieketspan het Sri Lanka met 79 lopies in Benoni geklop.
Onteiening ‘kortsigtige’ besluit wat ‘armoede, hartseer’ skep
Die organisasie sê hy betreur die besluit om die omstrede Wetsontwerp op Onteiening in die Nasionale Vergadering deur te voer en sê alles moontlik moet nou gedoen word om dit buite die parlement te beveg.
Luister: Slaap, die sleutel tot algehele gesondheid
Kinders word nie om dowe neute al vir donkiejare vroeg bed toe gestuur nie. Dr. David Goncalves gesels met Maroela Media oor die belangrikheid van ʼn goeie slaappatroon vir ʼn kind se algehele gesondheid.
Nóg halfeindstryd-aksie wag op Sinner
“Ek het vandag goeie tennis gespeel, veral in die belangrike oomblikke van die wedstryd. Ek is baie bly om weer in ʼn Miami-halfeindstryd te wees.”
Vyf resepte vir jou Paassondag-etenstafel
Versier jou tafel met hierdie heerlike Paasfees-resepte.
‘Boem-boem!’ bulder Heinrich se kolf
Op ʼn kolfblad uitgeknip vir aanvallende mik-en-mokerkolfwerk het die Sunrisers 277/3 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken. En Heinrich Klaasen was voor in die sesslaankoor.
Taalgebruik: Paasfees, Paasbolletjie, Paaseiers
Die skryfwyse van woorde wat met Paasfees verband hou, spesifiek die gebruik van hoof- en kleinletters, wek soms onsekerheid by Afrikaanssprekendes.
Twee liggame gevind ná Baltimore-tragedie
Die liggame van twee konstruksiewerkers is Woensdag in ʼn bakkie in die koue water van die Baltimore-hawe gevind nadat ʼn reusevragskip in die Francis Scott Key-brug ingeploeg en dit laat ineenstort het.