Kaapstad-nooddienste wis niks van skudding

Sosialemediagebruikers het ‘n skudding aangemeld, maar geen seismiese aktiwiteit is waargeneem nie. (Argieffoto: Unsplash)

Kaapstad se ramprisikobestuursentrum sê hy kon tot dusver geen berigte van ʼn oënskynlike aardskudding laat Woensdagmiddag in die Milnerton-omgewing bevestig nie.

Daar was Woensdag verskeie plasings op sosialemediaplatform oor die skudding en wat dit moontlik kon wees.

Charlotte Powell, woordvoerder van die Kaapstad-metro se rampbestuursentrum, sê egter die Raad vir Geowetenskap se stelsel het geen seismiese gebeurtenis in die omgewing waargeneem nie.

Die sentrum het selfs navraag by een van die steengroewe in die omgewing gedoen oor ʼn moontlike ontploffing. “Hulle het bevestig dat hul ontploffing etlike weke gelede plaasgevind het en geen van die ander steengroewe in die gebied het enige skietwerk gedoen nie,” sê Powell.

Die stad se nooddienste het ook geen oproepe ontvang wat met ʼn aardskudding verband hou nie en geen beserings wat uit só ʼn voorval sou spruit, is aangemeld nie, sê Powell.

“Sou enige lid van die publiek inligting het oor wat gebeur het, vra ons dat hulle asseblief die stad se rampbestuursentrum bel by 080 911 4357.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.