Luister: Slaap, die sleutel tot algehele gesondheid

‘n Goeie slaappatroon is noodsaaklik vir ‘n kind se algehele gesondheid en ontwikkeling. (Foto: iStock)

Dr. David Goncalves, ʼn gesondheidspraktisyn wat in sielkunde spesialiseer, is betrokke by Headstart Kids om ʼn bydrae te lewer tot die holistiese gesondheid, en veral emosionele gesondheid, van jong kinders.

Headstart Kids is ʼn organisasie sonder winsbejag wat poog om ʼn wesenlike verskil te maak in die bekamping van wanvoeding by voorskoolse kinders regoor Suid-Afrika.

In Maroela Media se podsendingreeks oor kindervoeding gesels ʼn groep kenners verbonde aan Headstart Kids oor hoe wanvoeding kinders se algehele gesondheid beïnvloed en hoe ouers kan help om daarteen te waak.

In hierdie episode bespreek Goncalves die belangrikheid van ʼn goeie slaappatroon vir ʼn kind se algehele gesondheid en ontwikkeling, en hoe goeie kindervoeding tot ʼn goeie slaap bydra.

  • Luister boaan die artikel na die volledige episode. Luister hier na episode 3, waar Goncalves praat oor die verband tussen kindervoeding en algehele emosionele gesondheid.
  • Vir meer inligting oor Headstart Kids, besoek die webwerf.

Dr. David Goncalves. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.