Luister: Hoe lyk ʼn kind wat emosioneel gesond is?

Argieffoto. (Foto: Ben White/Unsplash)

Dr. David Goncalves, ʼn gesondheidspraktisyn wat in sielkunde spesialiseer, is betrokke by Headstart Kids om ʼn bydrae te lewer tot die holistiese gesondheid, en veral emosionele gesondheid, van jong kinders.

Headstart Kids is ʼn organisasie sonder winsbejag wat poog om ʼn wesenlike verskil te maak in die bekamping van wanvoeding by voorskoolse kinders regoor Suid-Afrika.

In Maroela Media se podsendingreeks oor kindervoeding gesels ʼn groep kenners verbonde aan Headstart Kids oor hoe wanvoeding kinders se algehele gesondheid beïnvloed en hoe ouers kan help om daarteen te waak.

In hierdie episode gesels Goncalves oor presies wat die emosionele gesondheid van ʼn jong kind behels en hoe voldoende kindervoeding tot ʼn kind se algehele emosionele gesondheid bydra.

  • Luister boaan die artikel na die volledige episode. Luister hier na episode 2, waar Rudine Diedericks, ervare oogkundige by Mellins, gesels oor die verband tussen kindervoeding en ooggesondheid.
  • Vir meer inligting oor Headstart Kids, besoek die webwerf.

Dr. David Goncalves. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.