Luister: Wat is die verband tussen kindervoeding en ooggesondheid?

Argieffoto. (Foto: Unsplash/Hannah Tasker)

In Maroela Media se podsendingreeks oor kindervoeding gesels ʼn groep kenners oor hoe wanvoeding kinders se algehele gesondheid beïnvloed en hoe ouers kan help om daarteen te waak.

Rudine Diedericks, ʼn ervare oogkundige by Mellins, werk nou saam met Headstart Kids om ooggesondheid by jong kinders te bevorder.

Headstart Kids is ʼn organisasie sonder winsbejag wat poog om ʼn wesenlike verskil te maak in die bekamping van wanvoeding by voorskoolse kinders regoor Suid-Afrika.

Rudine gesels in die tweede episode van die reeks oor die verband tussen kindervoeding en ooggesondheid, hoe jong kinders se visuele ontwikkeling bepaal word en hoe ouers meer bewus kan wees van hulle kinders se ooggesondheid.

  • Luister boaan die artikel na die volledige episode. Luister hier na episode 1, waar Lily Geerdts, stigter en uitvoerende hoof van Headstart Kids, gesels oor die missie en visie van die organisasie, wat presies die definisie van wanvoeding is en hoe dit voorkom kan word.
  • Vir meer inligting oor Headstart Kids, besoek die webwerf.

Rudine Diedericks. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.