Luister: Wat is wanvoeding en kan dit voorkom word?

Lily Geerdts. (Foto: Mariska Venter)

In Maroela Media se podsendingreeks oor kindervoeding gesels ʼn handjievol kenners oor hoe wanvoeding kinders se algehele gesondheid beïnvloed en hoe ouers kan help om daarteen te waak.

Lily Geerdts, stigter en uitvoerende hoof van Headstart Kids, is aan die woord in die eerste episode van die reeks.

Headstart Kids is ʼn organisasie sonder winsbejag wat poog om ʼn wesenlike verskil te maak in die bekamping van wanvoeding in voorskoolse kinders regoor Suid-Afrika.

Lily gesels in die eerste episode oor die missie en visie van Headstart Kids, wat presies die definisie van wanvoeding is en hoe dit voorkom kan word.

  • Luister boaan die artikel na die volledige episode.
  • Vir meer inligting oor Headstart Kids, besoek die webwerf.

Lily Geerdts en haar kinders. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.