Vrou versorg tossel wat sy vir krimpvarkie aansien

(Foto: Lower Moss Wood Nature Reserve & Wildlife Hospital/Facebook)

ʼn Diereliefhebber van Engeland het ʼn hele nag lank omgesien na dit wat sy vir ʼn siek babakrimpvarkie aangesien het.

Toe die diertjie die hele nag lank nie beweeg of enigiets geëet het nie, het sy dit na die Lower Moss Wood Nature Reserve & Wildlife Hospital in Cheshire geneem.

“Die dame het met ʼn boks ingekom. Sy het gesê sy het die krimpvarkie op die sypaadjie opgemerk en dit was koud toe sy dit opgetel het,” het Janet Kotze, bestuurder van die hospitaal, gesê, berig die New York Post.

Kotze was besorg, omdat dit baie vroeg in die seisoen is vir babakrimpvarkies.

“Ek het die boks by haar gevat en dit na die ondersoekkamer geneem. Ek het die boks oopgemaak en ek kon nie glo wat ek sien nie. Dit was beslis nie ʼn krimpvarkie nie. Ek het gedink dit is dalk een of ander tipe wollerige diertjie.”

Toe Kotze egter die bolletjie wol optel, het sy besef dit is eintlik net die tossel van ʼn wolmus.

Kotze sê die vrou was baie skaam en wou weet of die bestuurder ʼn grap maak toe sy met die tossel vorendag kom.

“Siestog, sy wou net goedhartig wees.”

Die vrou het glo nie ordentlik na die tossel gekyk nie. Sy het die “diertjie” gou opgetel en het nooit van nader ondersoek ingestel nie. Sy het nie opgelet dat dit nie enige ore, oë, bene of enige ander dier-eienskappe het nie.

Die gewig van die tossel het ook nie die vrou agterdogtig gemaak nie – selfs al was dit een van die eerste dinge wat Kotze se aandag getrek het.

????When good intentions meet a case of mistaken identity! Our hearts melted as a kind soul thought she was rescuing a baby hedgehog, only to discover it was a fluffy pom pom from a bobble hat! ????This adorable 'hoglet' still got all the love, complete with some cosy TLC. Remember, kindness knows no bounds, even when it's to a faux furry friend! ???? Sometimes, even the most heartwarming stories start with a hilarious twist! ???? Maybe we can name this new species 'Hedgebobbles'… Please remember, if you spot a hedgehog out during the day, it's a sign something's not right. Pop them in a box with a warm source and seek help from your local vets. Let's keep our prickly friends safe! #HedgehogHeroes #HeartwarmingRescue #KindnessIsKey #FunnyMisadventuresIf you'd like to help us look after hundreds of (real!) hedgehogs this year please visit https://lowermosswood.enthuse.com/gowild4wildlife ????????(Kennedy News and Media is exclusively managing this content)

Posted by Lower Moss Wood Nature Reserve & Wildlife Hospital on Friday, March 22, 2024

*Kennedy News and Media het die hospitaal met dekking oor die storie gehelp.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.