Soorte resepte:

Sandton spog met eie sjokolade-kafee

(Foto: Maroela Media)

Paasnaweek is regtig net om die draai, en vanjaar keer die gewilde Chocolate Café terug na Sandton City-winkelsentrum in Johannesburg.

Dié meesleurende wêreld is perfek vir sjokolade-fanatici en sluit ʼn interaktiewe aktiwiteitsentrum in, wat selfs die besigste hasies tot Maandag 1 April sal betower.

In die Sandton City-winkelsentrum kan oud en jonk kreatief raak met sjokolade; van paaskoekies versier, tot s’mores bou en paashaas-klappers tot oorlopens toe pak. Dié sjokolade-kafee sal ook die lekkerste verskeidenheid paaslekkernye van gesogte handelsmerke bied, wat Beacon, Beyers, Cadbury, Ferrero Rocher, Kinder Joy, Lindt, Mister Sweet en Sally Williams insluit.

“Sandton City is bekend vir sy ongeëwenaarde kleinhandel- en leefstylervarings, en hierdie langnaweek beplan ons om voort te gaan om besoekers aan die sentrum selfs meer heerlike, onvergeetlike oomblikke te bied,” het Dimitri Kokinos, batebestuurder van Sandton City, gesê. “Sandton City bied ʼn oorvloed van keuses. Kom smul aan keurige sjokolade van top-sjokolademakers reg oor die land.”

Die Chocolate Café-aktiwiteite kos R30 elk en sal daagliks van 09:00 tot 18:00 beskikbaar wees. Die aktiwiteite is geskik vir ouderdomme 5 en ouer. Ouertoesig word vereis.

Besoek www.sandtoncity.com vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.