Ligte skudding in Kaapstad bevestig

Argieffoto (Foto: Martina / Pixabay)

Die Raad vir Geowetenskappe (RGW) bevestig dat ʼn ligte skudding Woensdagmiddag om 17:37 in Kaapstad plaasgevind het.

ʼn Analise wys dat ʼn skudding van 1,4 deur die Suid-Afrikaanse seismografiese netwerk (SANSN) aangeteken is. Die episentrum is geleë in Dieprivier, naby aan die Milnerton- landelike gebied.

Volgens Volcano Discovery het dit op ‘n diepte van 10 km plaasgevind.

Die publiek word aangemoedig om hul ervarings te deel deur ʼn aanlyn opname. Klik hier om die vraelys te voltooi.

Mahlatse Mononela, woordvoerder van die RGW, het Woensdag gesê dat daar in daardie stadium geen rekord op hul stelsels was van seismiese aktiwiteit in of om Kaapstad nie.

Facebook-gebruiker Mandy Bigge het dié foto gedeel wat sy om 17:39 naby die steengroef geneem het

Inwoners van Milnerton, Table View, Blouberg en Goodwood het egter op Facebook laat blyk dat hulle iets gevoel het.

Daar was aanvanklik bespiegeling dat die skudding moontlik toegeskryf kan word aan aktiwiteite by die nabygeleë steengroef.

Die RGW is die opsigter van die SANSN, wat seismiese aktiwiteit reg oor die land monitor. Vir regstreekse inligting, besoek geoscience.org.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.