Luister: Hoe gemaak as misdadigers slagoffer speel?

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Twee vroueboere van Verkeerdevlei in die Vrystaat is destyds self in hegtenis geneem ná hulle ʼn siviele inhegtenisneming op vermeende veediewe wou uitvoer. ʼn Maand later is nog ʼn Vrystaatse boer met teenklag van diefstal en aanranding bedien ná hy onwettige myners op sy plaas wou aankeer.

Hoe maak ‘n vuurwapeneienaar as die misdadiger skielik slagoffer speel en ʼn teenklag lê? In Engels word daar na hierdie soort teenklagte as ‘n counter charge trap verwys, en dit is ʼn soort teenklag wat al meer dikwels voorkom.

Die teenmisdaadaktivis Ian Cameron en advokaat Henk Nolte, albei van Firearms Gaurdian, het dié teenklagte met Maroela Media bespreek.

Luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.

  • Hierdie reeks podsendings wat verantwoordelike vuurwapeneienaarskap bespreek, is moontlik gemaak deur Firearms Guardian. Besoek Firearmsguardian.co.za vir meer inligting en nog handige gevallestudies.
  • Luister hier na die eerste episode van die reeks gesprekke wat verantwoordelike vuurwapenbesit onder die loep neem.
  • Luister hier na die tweede episode waar die paneel bespreek wat jy kan verwag as jy wel jou vuurwapen moes afvuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

domheks ·

Dit hang net van die kleur van jou vel af. MRK net vir sekeres.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.