Luister: Wonder jy nog oor vuurwapeneienaarskap?

Argieffoto (Foto: Hansie Linde)

Gesprekke oor vuurwapenbesit bly maar gelaai en mense het sterk opinies na albei kante hieroor. Pas na die derde kwartaal van 2023 se misdaadsyfers in Februarie uitgereik is, kan ʼn mens nie help om te wonder of dit tyd is om wel ʼn vuurwapen aan te skaf om jouself te beskerm nie.

Maroela Media het in ons ateljee met JC Lamprecht en Heinke Hartdegen van die opleidingsentrum Bravo Tactical Africa oor verantwoordelike vuurwapenbesit gesels.

Ian Cameron, ʼn gemeenskapsveiligheidsaktivis en direkteur van Firearms Guardian, het ook verduidelik waarom hy dink ʼn soort leefstylaanpassing is nodig as dit by die besit van vuurwapens kom en waarom hy meen ʼn gemeenskap wat opgelei is om vuurwapens wettig te hanteer ʼn werklike verskil kan maak in ʼn land soos Suid-Afrika wat stoei met hoë misdaadsyfers.

Luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.

Kom luister ook volgende week weer wanneer ʼn span kundiges verduidelik wat jy kan verwag as jy wel jou vuurwapen moes gebruik om jou en jou geliefdes te beveilig.

  • Hierdie reeks podsendings wat verantwoordelike vuurwapeneienaarskap bespreek, is moontlik gemaak deur Firearms Guardian. Besoek Firearmsguardian.co.za vir meer inligting en nog handige gevallestudies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Michael ·

Die man is meer bevoeg as cele om polisie minister te wees ek hoop na die verkiesing kry hy n pos in die wetstoepassing department.

Lettie ·

Hierdie man verdien promosie. Opreg, hardwerkend, goeie insig en doelgerig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.