Minstens 32 beseer toe bus begin brand

Skermgreep uit die video

Minstens 32 mense is beseer toe hulle ʼn brandende bus wou ontruim.

Putco sê die ondersoek na die voorval Woensdag op die R573 naby die Hammanskraal-afrit in Pretoria duur voort.

“Drie mense is steeds in die hospitaal. Die res van die passasiers is uit die hospitaal ontslaan ná hulle behandeling ontvang het,” het Putco Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Nie een van die passasiers het brandwonde opgedoen nie.

“Putco betreur die voorval. Ons doen ons bes om die feite te bepaal. Ons wens ons passasiers spoedige herstel toe.”

Volgens SABC News dui ʼn voorlopige ondersoek deur Putco daarop dat die brand ontstaan het toe die skroefas van die bus gebreek het. Dit het ʼn band getref en die bedrading onder die bus beskadig.

ʼn Video van passasiers wat uit vrees uit die vensters van die bus spring, is wyd op sosiale media gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.