Vrou haar gim-lidmaatskap kwyt ná sy foto van man neem

Patricia Silva (Foto: Patricia Silva/Facebook)

Patricia Silva se lidmaatskap by Planet Fitness in Alaska in die VSA is gekanselleer ná sy ʼn foto van ʼn man geneem het wat in die vroue se kleedkamer staan en skeer het.

Silva het in ʼn video op Facebook aangevoer daar was ook ʼn jong meisie, waarskynlik 12 jaar oud, wat met ʼn handdoek in die hoek gesit het. “Sy het baie bekommerd gelyk oor ʼn man in haar kleedkamer. Ek het aanstoot geneem.”

Silva sê sy het ʼn foto van die man geneem wat staan en skeer het. Sy wou by hom weet wat hy in die vroue-kleedkamer maak en hy het gesê hy is queer en deel van die LGB-gemeenskap.

Ná sy ʼn klag by die bestuur ingedien het, is haar lidmaatskap teruggetrek, omdat sy die reël oortree het om nie foto’s van enige ander gimnasium-gebruikers te neem nie.

Die gimnasium se beleid laat lede glo toe om die kleedkamer te gebruik wat ooreenstem met hul gender-identiteit.

“Ons gender-identiteit niediskriminerende beleid bepaal dat lede en gaste die fasiliteite mag gebruik wat die beste met hul opregte, selfverklaarde gender-identiteit ooreenstem,” het die gimnasium in ʼn verklaring gesê. Indien ʼn lid egter ter kwader trou optree en onbehoorlik ʼn gender-identiteit vir hulself toeëien, mag hulle gevra word om die perseel te verlaat en hul lidmaatskap sal gekanselleer word.

Die New York Post het intussen berig Planet Fitness se aandeelprys het ná die voorval skerp gedaal. Die aandeelprys, wat op 7 Maart ʼn maandelikse hoogtepunt van $66,92 gehaal het, het Dinsdag tot $56,46 gedaal.

Posted by Patricia Silva on Thursday, March 14, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.