Taalgebruik: fonds, vonds

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Annie Spratt/Unsplash)

Maak seker jy trap nie klei wanneer dit by die gebruik van “fonds” en “vonds” kom nie.

Die Afrikaans vir funds is fondse of gewoon geld.

fonds s.nw. [fondse]
1 geld wat ingesamel, gehou en gebruik word vir ʼn bepaalde doel: ʼn fonds stig • ʼn spaarfonds/skoolfonds • ʼn fonds vir kankerlyers • ʼn fonds vir onvoorsiene uitgawes.
2 [veral in samestellings] stigting/vereniging wat geld insamel vir ʼn bepaalde doel: ʼn pensioenfonds/siekefonds/begrafnisfonds.
3 fondse [mv.] geldmiddele: Ons beskik nie oor die nodige fondse nie.
4 (figuurlik) hoeveelheid van iets onstofliks, bv. kennis/wysheid/krag: ʼn onuitputlike fonds van kennis/verdraagsaamheid.
5 al die werke waarvan ʼn uitgewer die kopiereg het.

ʼn Vonds is iets wat gevind is of ʼn ontdekking wat gedoen is (die meervoud is vondste, nie vondse)

vonds s.nw. [vondste]
1 iets wat gevind is; ontdekking: jou vonds aan almal toon.
2 handeling/daad van iets te vind: Die vonds van olie het ʼn hele paar lande baie ryk gemaak.
3 iets wat nuut en goed uitgedink is: ʼn gedig met ʼn paar pragtige vondste.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Skryf Afrikaans van A tot Z  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.