Verspreide donderbuie word Dinsdag vir die hele KwaZulu-Natal voorspel, waar kitsvloede reeds groot skade aangerig het.
Lees meerAlles vir Maandag 15 April 2024
US-studente wil só 100 lewens red – elke jaar!
Hierdie Life Pod – ’n eerste van sy soort in Afrika – sal lewensondersteuning bied aan gewillige orgaanskenkers om hul organe lewensvatbaar te hou.
Sokkerwêreldbeker-saak weer uitgestel
Die saak hou verband met bewerings van bedrog ten bedrae van R47 miljoen, oor akkommodasie vir KwaZulu-Natalse polisiebeamptes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Gyselaarsdrama by vulstasie toe rowers toeslaan
ʼn Onbekende bedrag kontant is uit ʼn kluis op die perseel gesteel nadat die rowers twee verskillende toestelle laat ontplof het.
Belangrike wysiging aan Bela-wet kom dalk
Die kans bestaan dat die omstrede Bela-wetsontwerp ʼn belangrike verandering kan ondergaan, wat die departement nie die finale sê oor taal- en toelatingsbeleid sal gee nie.
Vier sterf ná stormreën aan KZN-Suidkus
Die swaar reën en oorstromings het paaie, ondernemings, kerke en huise beskadig en duisende mense is dakloos gelaat.
Luister: Veilig met vuurwapens en kinders in die huis
Ian Cameron en Heinke Hartdegen is albei ouers en voorstanders van wettige en verantwoordelike vuurwapeneienaarskap.
Magashule se voormalige assistent in VSA vas
Moroadi Cholota sou na verwagting Maandag daar in die hof verskyn en die staat sal so gou moontlik begin met die uitleweringsproses om haar terug te bring na Suid-Afrika, waar sy sal verskyn vir haar beweerde aandadigheid.
ToekomsVenster: Wie se sonde vergewe word
Die Bybel sê dat ons sonde soos ʼn skeidsmuur is tussen ons en God. Die skeidsmuur is egter afgebreek vanweë die volmaakte offer wat Jesus aan die kruis van Golgota gebring het. Gaan lees gerus maar Jesaja 59:2.
Twee laerskoolleerders sterf in busongeluk in Limpopo
Voorlopige verslae dui daarop dat die betrokke leerders van Potgietersrus Primary in Mokopane, Limpopo, was.
Eben Genis ná dekade terug op die verhoog
Eben Genis gesels met Maroela Media oor sy 12 jaar lange breek van toneelspel, “Mirakel” en hoe hy as rekenmeester sy tyd verdeel tussen syfers en die verhoog.
Vox Chamber Choir hou informele saamsing-kuier in Pretoria
Die musiek vir die verskillende groepe word deur die aand aangeleer, en die resultaat is ʼn veelstemmige koor wat in ʼn kroeg saamsing.
Bonné, kenners se passie tasbaar in ‘Bewonder en Bewaar’
Sjoe, wat ʼn avontuur waarop elke episode van dié natuurprogram die kyker neem.
Kiesers soek ANC-DA-koalisie – peiling
’n Nuwe meningspeiling toon dat een uit elke vier Suid-Afrikaners ’n ANC-DA-koalisie verkies. ’n Politieke kenner meen só ’n scenario is moontlik, maar sal geweldige gevolge vir albei partye inhou.
Werner de Jager neem glo eie lewe in tronk
Nuus van Werner de Jager, wat tereggestaan het op ʼn aanklag van moord op sy vrou, ds. Liezel de Jager, is Maandag met gemengde gevoelens ontvang.
‘Vlaag misdaad’ ná gevangenes vrygelaat word, sê DA
“Die politieke besluit om Zuma vry te laat – ʼn besluit waaroor die ANC-regering waarskynlik nou spyt is – hou angswekkende gevolge vir mense landwyd in.”
Botswana se Tebogo soek dubbelgoud by Spele
“Die tyd het aangebreek vir Afrika-atlete om naelloopbyeenkomste op die internasionale verhoog te oorheers,” sê Botswana se naelloopsensasie Letsile Tebogo.
Ingonyama-trust se geldsake ‘nie deursigtig’
Die trust besit ongeveer 2,8 miljoen hektaar se gemeenskapsgrond, waarop meer as vyf miljoen mense woon. Die sittende Zoeloe-koning is die enigste trustee.
Vermeende stroper vas ná gemeenskap help
Daar is ook beslag gelê op ’n grootkaliber-geweer (.458), ammunisie, ’n knaldemper, messe en die voertuig.
Vier in mesaanval by Australiese kerk beseer
Die aanval, waarin die biskop ook beseer is, is regstreeks op die kerk se Facebook-blad uitgesaai.