Luister: Veilig met vuurwapens en kinders in die huis

Foto slegs ter illustrasie. (Foto: Jarmoluk/Pixabay)

Ian Cameron van Firearms Guardian en Heinke Hartdegen van Bravo Tactical Africa het in die laaste aflewering van hierdie kort reeks oor verantwoordelike vuurwapeneienaarskap gesels oor veiligheid rondom vuurwapens, veral met jong kinders in die huis.

Albei die kenners in Maroela Media se ateljee is ouers en voorstanders van wettige en verantwoordelike vuurwapeneienaarskap.

Heinke en Ian gee raad oor hoe om seker te maak jou kinders bly veilig as dit by vuurwapens in die huis kom.

Luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.

  • Hierdie reeks podsendings wat verantwoordelike vuurwapeneienaarskap bespreek, is moontlik gemaak deur Firearms Guardian. Besoek Firearmsguardian.co.za vir meer inligting en nog handige gevallestudies.
  • Luister hier na die eerste episode van die reeks gesprekke wat verantwoordelike vuurwapenbesit onder die loep neem.
  • Luister hier na die tweede episode waar die paneel bespreek wat jy kan verwag as jy wel jou vuurwapen moes afvuur.
  • Luister na die derde episode uit die reeks waar teenklagtes van misdadigers bespreek word.
  • In die vierde episode van die reeks word verantwoordelike vuurwapeneienaarskap in die jagveld en teen probleemdiere op plase bespreek.
  • Luister na die vyfde episode van die reeks waar reis met vuurwapens in Suid-Afrika bespreek word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper ·

Geen ouer is veronderstel om sy kind of kinders toegang tot ‘n vuurwapen te gee nie.Die wapenwet sê uidruklik die vuurwapen moet in ‘n goedgekeurde kluis toegesluit word.Ter selfverdeding kan die vuurwapen saans op ‘n veilige plek gebêre word .So is al baie lewens gered en plaasaanvallers die skrik op die lyf gejaag.

Robert ·

100% vir Casper. Die wet is baie duidelik maar weereens gebeur ongewenste dinge met vuurwapens agv eienaars wat die wet verontagsaam!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.