Vox Chamber Choir hou informele saamsing-kuier in Pretoria

Vox Chamber Choir (Foto: Alet Pretorius)

Dit gebeur nie aldag dat Jan Alleman die kans kry om informeel saam met ʼn bekroonde kamerkoor soos Vox Chamber Choir te sing nie.

Daarom is dié koor se saamsinggeleentheid op 19 April in Pretoria ʼn wonderlike manier vir musiekliefhebbers en aanhangers om musikale samesyn saam met Vox Chamber Choir te ervaar.

“Ons noem dit die Vox Bar Choir, en almal ouer as 18 kry die geleentheid om saam musiek te maak terwyl ons gesellig kuier. Jy hoef geen oudisie af te lê nie en niks voor te berei nie,” verduidelik koororganiseerder Andries Brümmer.

Vox Chamber Choir het dié gemeenskapsprojek in 2018 begin, en hulle hou sedertdien gereeld informele saamsinggeleenthede in Kaapstad en Pretoria. Die konsep behels dat lede van die publiek op die aand elkeen ʼn stuk bladmusiek ontvang waarna dit in ʼn gesellige omgewing geoefen en later gesing word.

“Ons gaan hierdie keer die liedjie ‘Paradise Road’ sing. Sodra almal die musiek onder die knie het, gaan ons dit sing en sommer ʼn video-opname ook daarvan maak,” voeg Brümmer by.

Franco Prinsloo, dirigent van die Vox Chamber Choir, sal gereed staan om die musiek vir die verskillende stemgroepe aan te leer. Die resultaat is ʼn veelstemmige koor wat in ʼn kroeg saamsing.

“Dit gee my altyd hoendervleis om mense so te sien saamkom en saamsing. Hulle het altyd soveel hoop en is boonop uiters passievol,” het Prinsloo in ʼn vorige onderhoud met Maroela Media gesê.

Die koor gaan op Vrydag 19 April om 18:00 by Moonshot Café in Pretoria met hulle Vox Bar Choir-aanbieding wees. Kaartjies vir die geleentheid kos R80 en kan by Tixsa bespreek word.

Kyk hier na ʼn lusmaker van Vox Chamber Choir se vorige saamsinggeleentheid wat in Kaapstad aangebied is:

[VOX BAR CHOIR]The first VOX BAR CHOIR at African Beer Emporium was ‘n huge success. Thank you everyone for sharing the music. Thank you for your support. It was AWESOME to make music together! #vox_bar_choirWe all sang “Spirit of the great heart” by Johnny Clegg in three part harmony. You are all so talented!❤️Franco Prinsloo Composer/Performer#choir #family #friends #making_art #goodtimes #bar #beer #singing_is_life

Posted by Vox Chamber Choir on Friday, April 5, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.