Nieu-Seeland se Paralimpiese held nie by Spele in aksie

Sophie Pascoe. (Foto: Instagram)

Nieu-Seeland se medaljevraat Sophie Pascoe sal nie aan vanjaar se Paralimpiese Spele deelneem nie.

Pascoe (31) het vroeër vandeesmaand ʼn babaseuntjie ryker geword en sal nie by die Spele in Parys in aksie wees nie.

Die elite-swemmer spog met 19 medaljes, waaronder 11 goue medaljes by vier Paralimpiese Spele. Vanjaar se Paralimpiese Spele vind van 28 Augustus tot 8 September plaas.

“Hoewel ek die geleentheid sal mis om Nieu-Seeland in Parys te verteenwoordig, kom hierdie besluit as gevolg van die feit dat ek onlangs ’n nuwe ma geword het en ek omhels hierdie nuwe hoofstuk in my lewe heelhartig,” het sy in ’n verklaring gesê.

Pascoe het gesê sy beplan om haar ervaring en kennis met die Nieu-Seelandse span te deel vir hul voorbereiding vir die Spele.

“Hierdie is nie ’n aankondiging van uittrede uit mededingende swem nie, maar ek kyk eerder vorentoe na moontlike kompetisies in 2025 en daarna,” het sy bygevoeg.

Nadat sy haar Paralimpiese Spele-loopbaan met drie goue medaljes by 2008 se Beijing-spele begin het, het Pascoe drie jaar gelede in Tokio eerste plekke in die vryslag- en individuele wisselslag-items losgeswem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.