Nasa-tuigie stuur laaste boodskap na aarde

(Foto: NASA / AFP)

Nasa se Ingenuity-helikoptertjie het sy finale boodskap na die aarde oorgedra.

Die tuig met ʼn gewig van sowat twee kilogram en lengte van drie meter sal nou voortaan as ʼn onbeweeglike data-insamelingseenheid op Mars se oppervlak dien.

“ʼn Lang totsiens,” het Nasa Woensdag op X gesê.

“Ingenuity se span het sy finale boodskap van die #MarsHelikopter ontvang, wat nou as ʼn stilstaande toetsbed sal dien, wat data insamel wat toekomstige verkenners van die Rooi Planeet kan bevoordeel,” lui die inskrywing.

Die Ingenuity-helikoptertjie was oorspronklik slegs bedoel om te bewys dat ʼn vlug moontlik is in die ultra-dun Mars-atmosfeer. Ingenuity het egter alle verwagtinge oortref.

Die helikoptertjie het drie jaar gelede geskiedenis gemaak deur die eerste aangedrewe vlug op ʼn ander planeet te behaal. Maroela Media het destyds berig dié tuigie het op 19 April 2021 die eerste keer van die oppervlak af opgestyg.

Ingenuity is altesaam 72 keer ontplooi en het meer as twee uur lank vlugtyd in kort klein spronge aangeteken terwyl dit stofstorms, verraderlike terreine en ysige toestande oorkom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Aggie ·

‘n Mens kan byna die klein tuigie personifiseer! Welgedaan !

Bolandse Nooi ·

Ek wonder wat die mensdom se fasinasie is met Mars. Maggies, normale lewe – soos ons dit ken – is geheel en al nie eens moontlik sonder allerlei soorte lug- en lewe kapsules nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.