Driejarige sterf toe aanvallers in huis losbrand

Polisiebeamptes deurkruis die omgewing van Malo Orasje net buite Mladenovac.

(Foto: Andrej ISAKOVIC / AFP)

Die polisie in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) is op soek na verdagtes wat laat Dinsdagaand drie mense, onder wie ʼn driejarige, by hul huis in Pienaarstraat, Helenvale, doodgeskiet het. Nog twee mense is in die skietvoorval beseer.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, word daar beweer dat drie verdagtes omstreeks 23:15 ʼn deur van die huis oopgeskop het waarna hulle op die inwoners van die huis losgebrand het.

“Drie mense is op die toneel dood verklaar. Die slagoffers is as ʼn 52-jarige vrou, Ellen Hutchinson, ʼn 44-jarige man, Claudeo Thomas, en ʼn driejarige seuntjie, Emilio Hutchinson, geïdentifiseer.”

Sy sê ʼn 13-jarige meisie en ʼn 19-jarige jong man is ook in die skietvoorval beseer en na die naaste hospitaal vir behandeling gehaas.

“Die motief vir die voorval is nie in dié stadium bekend nie. Drie sake van moord, asook twee sake van poging tot moord word tans deur die provinsiale teenbende-eenheid ondersoek.”

Naidu sê niks is egter gesteel nie.

Enigiemand ​​met inligting rakende die aanval word versoek om speur-adjudant-offisier Neville Gouws by 082 387 5904 te kontak of die teenmisdaadnommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michael ·

Die skuld moet voor die polisie geplaas word hulle het n mandaad om mense veilig te hou en duidelik mors hulle net die belasting geld.

Hennie ·

Land waar die misdadigers die reg het om te maak soos hulle wil. SA is onregeerbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.