21 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag

(Argieffoto: Unsplash)

Dit is 21 opeenvolgende dae óf 542 uur later en beurtkrag bly steeds opgeskort.

Eskom het Woensdagmiddag gesê beurtkrag bly tot verdere kennisgewing opgeskort danksy volgehoue opwekkingskapasiteit, voldoende noodreserwes en die verminderde vraag na elektrisiteit vanaf die netwerk.

Die kragvoorsiener sê die laaste keer dat hy ’n soortgelyke mylpaal behaal het, was in Junie 2022 toe hy vir 20 opeenvolgende dae geen beurtkrag ingestel het nie.

“Hoewel Eskom hierdie mylpaal erken, bly dit verbind tot die voortgesette inwerkingstelling van sy opwekking-herstelplan om beurtkrag te verminder en uiteindelik uit te skakel,” sê die kragvoorsiener.

Eskom sal teen Sondagmiddag die inligting bywerk óf enige beduidende veranderinge bekend maak indien nodig.

Die verwagte vraag tydens Woensdag se aandspitstyd staan in hierdie stadium op 28 655 MW.

Onbeplande kragonderbrekings staan tans op 14 264 MW, terwyl beplande instandhouding tans 5 370 MW uit die netwerk haal.

Die kragvoorsiener beplan intussen om Vrydag 2 070 MW aan opwekkingskapasiteit weer in diens te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Agge nee ·

Verkiesing lê voor, wag maar tot na die verkiesing, dan gaan ons weer bars.

Roedolf Johannes ·

Verwag Eskom die ANC die publiek moet die snert glo wat hulle vesprei.

Hermann ·

Dit moet nie soos ñ prestasie voel nie, want beurtkrag is nie veronderstel om te bestaan nie. Verstaan ook bie hoe is die aanvraag skielik laer as altyd nie. Na die verkiesing is die diesel klaar en kamstig breek die opwekkingseenhede weer oor naweek……..

hpven ·

@ Hermann, jy is reg dit moes nooit gebeur het nie! Onder bevoegde mense sou dit nooit gebeur het nie.
Sonder derduisende sonkrag installasies by besighede en wonings sou ons al lankal sonder krag gewees het. Eskom verswak daagliks.

Marius ·

Ag ons is so trots op julle. Goue sterretjie op die voorkop vir jou… Wat n belaglike spul narre.

Nie Verbaas ·

Die persoon wat die krag afsit is op verlof tot na die verkiesing.

Benn ·

Dit is geen prestasie nie!!! Beurtkrag wat wegval vir altyd, dit is normaal!!

Danie ·

Nou wat nou? moet ons juig en jubel oor dit. Dit is nie n prestasie nie. Ons almal weet dit gaan nou net oor die verkiesing, maar ja die ongeskooldes wat gaan stem sal dit nou opvreet vir soetkoek.

Laurika ·

Dis net todat almal ANC gestem het. 3 Dae na die verkiesing begin dit maar weer.

ES ·

OF hulle brand miljoene liters diesel om ons aan die gang te hou sodat hulle die verkiesing kan probeer wen. Ons is nie stupid nie, ons weet nou al, na 30 jaar, wat hulle truuks is.

Staal ·

Ja, en perdepoefie is vye!! Dit is julle PLIG om te verseker dat daar ALTYD voldoende elektrisiteit is. Dink julle regtig ons glo hierdie verkiesingsfoefie?

James ·

Die Mafia was opdrag gegee om nie die eenhede te saboteer tot na die verkiesing nie

Witbaard ·

Wat is die verskil tussen die regering en die sirkus?
In die surkus lag die mense vir die narre…in die regering stem die mense vir die narre.

Witbaard ·

Wat is die verskil tussen die regering en die sirkus?
In die sirkus lag die mense vir die narre…in die regering stem die mense vir die narre.

Casper ·

Dit is vreemd dat eenhede nie nou meer van lyn gehaal word nie maar Vrydag sal 2070 MW weer In diens gestel word maar gaan hulle dit kry.

Manie ·

Ek vermoed die antwoord hierop is tweeledig. Eerstens is daar al hoe meer individue/besighede wat hulself van die probleem verlos het deur sonkrag stelsels te installeer. Tweedens kan Eskom nie meer die laer vraag na hul krag wegsteek nie en is daar dalk nou te veel oë wat hulle dophou. Hulle lieg en bedrieg is blootgelê.

Cassie Carstens ·

Manie, jy is 100% reg. Maar ek bly bekommerd oor wat na die verkiesing kan gebeur.

Bolandse Nooi ·

@Laurika, jissie …….. gee jy hulle só baie krediet??????????

@Witbaard, nou het ek darem lekker gelag vir jou!!!!!!!!!!!!!!!!

Leona ·

Die verkiesing kom! En n hengse koue winter sonder krag…..

André ·

Ek dink hulle lieg en brand al hulle diesel begroting vir die jaar vir die verkiesing. Ek sal nie verbaas wees nie as daar ‘n prys verhoging die dag na die verkiesing is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Manie, verskeie bronne sê dat teen einde Desember 2023 was tussen 5400MW en 6200MW se solar stelsels reeds in plek, groot en klein. Dis meer as Medupi se kapasiteit van 4800MW. Teen einde Desember 2024 sal dit tussen 10000MW en 12000MW wees, meer as Medupi en Kusile saam. En alles opgerig teen ‘n fraksie van Eskom se kostes en tydlyne. Voeg nou windkrag, aardgas en ander opsies by dan is dit duidelik dat Eskom besig is om vinnig mark te verloor. Teen 2030 gaan Eskom net ‘n klein rolspeler wees. Steenkoolmyners is ook bekommerd en halt uitbreidings.

SjN ·

Dit is mos waarvoor hul betaal word, om krag ononderbroke te voorsien soos in die goeie ou dae.

melaney ·

Ons hele dorp het verlede maand 48 ure sonder krag gesit, en weer eerste week April maand het ons vir 48 ure sonder krag gesit. Die anc onderskat ons intelligensie. Die gepeupel sal julle twak glo. Presies waarom die hele land in so ‘n toestand is.

SwartBees ·

Wag maar as die verkiesing verby is gaan ons gelukkig wees om vir 21minute krag te hê. Hierdie is net n verkiesing foefie van you know who.

Jaco ·

Daar was geen verkiesing in 2022 nie, so hoekom was daar toe ook 3 aaneenlopende dae sonder beurtkrag? Ek wonder maar net…

Martie ·

Ons herevalueer die situasie op 30 Mei…. ek het nie ‘n kristalbal nie, maar iets sê vir my dat Eskom se krag skielik weer te min gaan wees sodra die verkiesing te min is.

Arno ·

Wag net… sodra die verkiesing verby is dan is Loadshedding volstoom terug….. o ja en nat kole

Vanessa ·

Dit voel soos die ou dae wat ons nie beurtkrag geken het nie, voor die ANC oorgeneem het, maar hulle moet nie dink hulle flous my nie!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.