Dié Bok word weer pa

Pieter-Steph du Toit word weer pa. (Foto: Willemien du Toit/Instagram)

Die Springbok-flank Pieter-Steph du Toit gaan ʼn derde keer pa word.

Dié 31-jarige wêreldbekerwenner en sy vrou, Willemien, is reeds die ouers van twee spruite, Pieter en Christi.

Williemien het die nuus oor hul derde pienkvoet in ʼn hartroerende video op Instagram gedeel.

“Die derde Du Toit-baba is op pad in September,” skryf sy by die video.

Die egpaar is deur tientalle mense gelukgewens, insluitend Layla Kolbe, Cheslin Kolbe se vrou, en Hannah Barret, vrou van Nieu-Seelandse speler Beauden Barret.

Yay! Geluk julle!” skryf Layla, terwyl Hannah gesê het dat dit “só opwindend” is.

Die paartjie is in 2015 getroud en het in 2019 hul eersteling, Pieter Stephanus, verwelkom. Hul tweede pienkvoet, Christi, is in 2022 gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nici ·

As hy reeds kinders het was hy nog al die tyd ‘n pa. Hyt nog ‘n kind bygekry nie weer pa geword nie. Eenkeer ‘n ma of pa, altyd ‘n ma of pa, al lewe jou kinders nie meer nie.

Vonny ·

Bàie sèenwense met jul 3de babatjie wat oppad is!! Wow.
Blessings from God

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.