“Dit is ’n heeltemal ander ervaring as wat ek ooit by die monument gehad het. Ek het meer van die monument gesien as wat ek ooit gesien het.”
Lees meerAlles vir Sondag 7 April 2024
111-jarige nou wêreld se oudste man
Hy woon tans by ’n versorgingshuis in Southport, waar personeel hom as “’n groot praatkous” beskryf.
Sharks vermorsel Zebre
Dit was regte eendeweer, koud, nat en mistroostig, maar die Sharks se rugbyspan het Sondag op Kingspark in Durban die spreekwoordelike son op hulle laat skyn toe hulle Zebre verwoes het.
Steenhuisen: ‘Oordeelsdag-koalisie besig om waar te word’
Steenhuisen meen dit is die geval nadat Julius Malema, EFF-leier, gesê het dat hy van voorneme is om “die EFF-stem aan die ANC te gee” op voorwaarde dat die party se adjunkleier, Floyd Shivambu, die minister van finansies word.
Bulls moet tasse pak vir kwarteindstryd
Die Bulls sal na Northampton vir sy Kampioenebeker-uitklopwedstryd moet reis nadat die Saints vir Munster met 24 – 14 geklop het.
‘Ek mis my kind’ – verlange uit die gevangenis
Stanley sê hy skryf nie oor misdadigers nie. “Ek wil nie daardie energie hê nie. Ek skryf oor slagoffers en ek skryf trooswoorde.”
NWU skort klasse op midde Potch-waterkrisis
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het kontakklasse op sy Potchefstroomkampus vir minstens die volgende week opgeskort weens die waterprobleme wat in die dorp en omliggende gebiede ervaar word.
Kyk: Shepherd slaan 32 van Nortjé-boulbeurt
Die Mumbai Indians se Romario Shepherd het die langsteel ingelê en ses agtereenvolgende grenshoue van Anrich Nortjé se finale boulbeurt geslaan.
Wes-Kaap: Sommige skole Maandag gesluit; vloede verwag
Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het Sondag gesê daar is skole wat reeds skade opgedoen het weens die stormsterk winde en daar is swaar reën op pad.
Bokkaptein: Etzebeth of Am?
Die Bokafrigter, Rassie Erasmus, sal na alle waarskynlik dié seisoen ʼn nuwe kaptein in die plek van Siya Kolisi moet aanwys omdat Erasmus ten gunste daarvan is dat die Springbokkaptein in Suid-Afrika moet speel en bly.
Dobson trots op Stormers ondanks nederlaag
“Ons het vir twee wedstryde op ʼn streep nie een keer vir La Rochelle teruggestaan nie. Hoe meer ons as ʼn span kan saamspeel, hoe beter.”
Beurtkrag nog langer opgeskort
Beurtkrag bly tot verdere kennisgewing opgeskort.
Veelsydige Melissa praat oor uitdagings, drome in bedryf
“Om uiteindelik te kon besef dat al daardie mense verkeerd was – ek ís Mart, ek kán Mart speel – het meer beteken as wat mense sal verstaan.”
Groot skade midde stormweer in Kaap
Groot skade is reeds aangemeld in verskeie gebiede oor die Wes-Kaap te midde van stormsterk winde en gure weer en wydverspreide vloede wat voorspel word.
Ikoniese geboue op historiese Blaauwklippen in puin gelê
Die brand het na die historiese herehuis versprei voor dit ook na Jonkershuis en die kapel versprei het. Al drie geboue is in puin gelê.
Max is steeds groot in Japan
Max Verstappen het as’t ware weer wet en orde op die renbaan herstel en hy het sonder veel moeite eerste oor die wenstreep gejaag.
Peet, Mel oor Tammy Taylor-bewerings: ‘Alles gaan oor geld’
Peet Viljoen gesels met Maroela Media oor die twis tussen hom, sy vrou, Melany, en die skoonheidsmagnaat Tammy Taylor, asook Mel se jongste TV-rolle.
Verhoogde weerwaarskuwing vir dele van Wes-Kaap
Die moontlikheid van wydverspreide vloede wat lewensgevaar inhou en tot groot skade aan infrastruktuur kan lei, word vir Maandag vir dele van die Wes-Kaap voorspel.
Digter se ervarings in Krugerwildtuin neem lesers op reis
“Dan is daar ook hierdie ding dat jy vroegoggend uitry, laatoggend terugkom en rus, en vroegaand voor die hekke sluit weer ʼn draai gaan ry.”
Vrou swaar gestraf ná moord op haar man
ʼn Vrou is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy en haar vriendin, met wie sy in ʼn verhouding was, saamgesweer het om haar man te vermoor nadat hul huwelik verbrokkel het en in ʼn poging om sy lewenspolis te bekom.