Beurtkrag nog langer opgeskort  

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Beurtkrag bly tot verdere kennisgewing opgeskort.

Dit kom ná 11 opeenvolgende dae sonder beurtkrag, wat volgens Eskom toegeskryf kan word aan volgehoue beskikbare opwekkingskapasiteit en voldoende noodreserwes.

Eskom sal teen Woensdagmiddag ’n opdatering verskaf of enige beduidende veranderinge bekend maak sou dit plaasvind.

Daar word beplan om ’n totale opwekkingskapasiteit van 1 150 MW teen Maandagaand weer in diens te stel.

Die verwagte vraag tydens Sondag se aandspitstyd staan in hierdie stadium op 25 224 MW.

Daar was vanjaar reeds 1 639 uur (68 dae) se beurtkrag.

Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het pas die beurtkragreëls wat vir tot 16 fases beurtkrag voorsiening maak, goedgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anel ·

Net so voor die verkiesing!!! Vertrou die spul net mooi niks!!!!

Roedolf Johannes ·

Dink die ANC die mense is so onosel om nie te sien wat hulle nou doen met beurtkrag nie.Geen beurtkrag vd verkiesing nie,maar sodra die verkiesing verby is gaan hulle dit weer teen n hoë tempo instel om die S A verder af te breuk

Maria M S ·

Ja, want dis verkiesingsjaar en hulle druk alles in die rooi, en agterná dan breek die eenhede weer op n streep!

tweeling ·

En so probeer die cANCer stemme werf. Die kundiges weet wat wag maar die “sheeple” is kortsigtig.

Anel ·

Nou net gesien fase 16 is goed gekeur!!!! So die dag na die verkiesing gaan die ligte permanent in sekere dele afgesit word. Kan maar net raai waar!!! So nou het hulle toestemming om die krag omtrent permanent by betalendes af te sit en om by nie betalendes aan te te hou. Hoe dom dink hulle is ons!!! En dit met die aanbreek van die winter!! En nog die massiewe prysverhoging!!! Hoe regverdig hulle dit???

Ann ·

Ek hoop werklik hierdie is nou nie die stilte voor die storm nie. Dis vir my eienaardig dat Eskom nou skielik beurtkrag opskort en elke dag op die SEPush app sê “…and counting”.
Wil die regering nòù wys hulle kon nog altyd beurtkrag opskort? Terwyl ons vir dae aaneen sommer vier keer ‘n dag gehad het?
Nee nee nee. Iets is nie lekker nie.

Papsak ·

Ja krag verkiesing foefie kyk na verkiesing is alles weer dieselfde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.