Steenhuisen: ‘Oordeelsdag-koalisie besig om waar te word’

John Steenhuisen, federale leier van die DA. (Foto: Mariska Nanni/Maroela Media)

ʼn Jaar nadat hy gewaarsku het oor ʼn “oordeelsdag-koalisie” tussen die ANC en EFF, is dit volgens DA-leier John Steenhuisen besig om ʼn werklikheid te word.

Steenhuisen meen dit is die geval nadat Julius Malema, EFF-leier, gesê het dat hy van voorneme is om “die EFF-stem aan die ANC te gee” op voorwaarde dat die party se adjunkleier, Floyd Shivambu, die minister van finansies word indien dié koalisie meer as 50% van die steun in die verkiesing kry.

Malema het bygevoeg dit is omdat “jy ’n radikale nodig het” om beheer oor Suid-Afrika se beursie te neem. Die EFF se sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, het ook gesê grondonteiening sonder vergoeding en die nasionalisering van myne sal vereistes wees om in ʼn koalisie met sekere vennote te tree.

“Met hierdie opmerkings het die EFF-leierskap vir die eerste keer in die openbaar bevestig dat die DA heeltyd reg was. Radikale partye soos die ANC, EFF en meer onlangs Jacob Zuma se MK-party en kleiner partye soos die Patriotic Alliance berei voor om ’n oordeelsdag-koalisie te vorm wat Suid-Afrika se lot sal verseël.”

Steenhuisen het in April verlede jaar gesê die dag wat die ANC en EFF ʼn koalisie vorm, dit oordeelsdag vir Suid-Afrika sal wees. “ʼn EFF-oordeelsdag sal die ineenstorting van Zimbabwe soos ’n kleedrepetisie laat lyk, en sal alle Suid-Afrikaners behoeftig laat – swart, bruin, wit en Indiër. Dié koalisie sal eiendom sonder vergoeding onteien en private eiendomsreg afskaf. Die koalisie sal buitelandse beleggings, besighede, banke en myne nasionaliseer en vernietig. Die koalisie sal hierdie land dompel in etniese en rassekonflik wat hy nog nooit tevore gesien het nie.”

Steenhuisen meen egter die Veelpartyhandves (VPH) kan só ʼn koalisie verhoed en hy het ook reeds ʼn jaar gelede gesê daar sal met ’n proses begin word om ’n pakt met eendersdenkende politieke partye, burgerlike organisasies en burgerlike bewegings te vorm om ’n nuwe nasionale opposisie-koalisieregering in te stel.

“’n Jaar later het hierdie inisiatief geweldige vordering gemaak om ’n gemeenskaplike visie en sterk bande tussen sy ledepartye te smee. Al is die vooruitsig van ʼn ANC-EFF-oordeelsdagkoalisie nou duidelik besig om ʼn werklikheid te word, het Suid-Afrikaanse kiesers ’n duidelike en sterk alternatief wat ʼn oordeelsdag kan afweer, in die vorm van die VPH.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

tweeling ·

Die massas het nog altyd vir raasbekke gestem, dit is waarop hulle staatmaak

Grassie ·

Daardie javel gaan nog ‘n burgeroorlog in die land veroorsaak.

Jaco ·

As dié doomsday coalition aan bewind kom, kan hulle dan asseblief alle wit mense na Europa, Amerika, Kanada en Australië deporteer? Eks amper 57 jaar oud, maar ek is regtig bereid om met net die klere aan my lyf van onder af en van vooraf te begin in ‘n land SONDER:
beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Regstellende aksie en BEE
Swak of geen munisipale dienslewering
En en en. My lys is eintlik 100 maal langer.

Republikein in die Wes Kaap ·

Anargie is reeds hier. Dit gaan erger word.

Aai ·

Se lankal dit is wat gaan gebeur Cassie jy is reg ons moet reg stem.

Cherokee ·

Ek wens en hoop Steenhuisen se optimisme is realisties. Dat die koalisie kan en sal wen.

Cherokee ·

Jaco, vir slegs ‘n oomblik het ek gedink dat às hulle die verkiesing wen, sal daar opnuut ‘n uittog uit Suid Afrika wees, maar toe besef ek weer dat die wat dit kan bekostig, reeds uit is. Wat jou wens aanbetref mbt deportasie, dit sal waarskynlik wees na Azanië.

Wakkerslaper ·

Watter deel van hierdie VPH droom verstaan ek nie…? As die steun in die 2019 verkiesing vir die 4 grootste partye in die VPH saam nie eers 28% gehaal het nie, waar dink hierdie ouens gaan ‘n ekstra 23% (meer as 80% groei) vandaan kom om met ‘n meerheid koalisie in 2024 te wen? Wat mis ek…?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC en EFF koalisie sal in beheer bly totdat hulle met geweld verwyder word. Malema se kommunistiese eise sal aanvaar en deurgevoer word. Ramaphosa en sy opvolgers sal hul hande vryf en verder skep.

Amelia ·

Siener van rensburg voorspel ons sal verdruk word soos nooit tevore of ooit weer sal wees nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Jaco, dit wat jy vra is wel uitvoervoerbaar.

Manie ·

Wakkerslaper, ek het dieselfde vraag al hoevele kere gevra. Jy is absoluut reg, die DA gaan sy hande vol hê om die Wes-Kaap te behou, maar gaan nie naby daaraan kom om die ANC, EFF, MK en PA koalisie (partye wat te kenne gegee het dat hulle sal saamwerk) uit bewind te lig nie. Steenhuizen en Kie behoort hulle eerder te beywer vir afstigting.

Papsak ·

Ons moet net reg stem mense ons kan dinge verander staan agter jou party wat jy wil stem voor hoop as daar is wat anc stem is dit nou tyd om oe oop te maak en alles raak te sien land is weg

skurweberg ·

Nou Ja. Ons sit met die Geskiedenis of moet ek sê “geraamtes in die kas” maar “oordeelsdag” vat ek met ‘n “knippie sout” die woord behoort aan IEMAND anders met Baie meer gesag. Geen mens mag oor ‘n ander oordeel nie, want met die oordeel waarmee jy oordeel sal oor jou geoordeel word. Miskien kan die MK ook bygevoeg word. Dan is die drie aliansie fenomeen volledig.

Yvonne ·

Here op U kan ek my vertroue plaas…tot in alle ewigheid… Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.