Kolwers wat Indië besoek, sukkel gereeld om die tuisspan se draaiers op die land se grondpad-blaaie te tem. Vra net vir die Protea-kolwers ná hul vorige toer.
Proteas sukkel met kolfwerk, veldwerk in Pakistan
Darryl Cullinan – wat anders as wat Afrikaanse sangers aanraai, ’n mens nie saggies neersit nie – het sy mond behoorlik oor die Proteas se powere veldwerk uitgespoel.
Draaiers gee Proteas hoop
Pakistan het die dag afgesluit op 129/6 met ʼn algehele voorsprong van 200 en vier paaltjies staande op ʼn wispelturige kolfblad.
Anrich Nortjé, die blitsige bittereinder
Die 27-jarige snelbouler het met sy vinnigste aflewering van die beurt – ’n kartets van 150,3 km/h – gewys dat ’n stadige kolfblad in Rawalpindi hom nie veel pla nie.
Amper 30 000 toeskouers by BBL-eindstryd toegelaat
Kort nadat die Australiese Krieketraad aangedui het dat hy weens Covid-19-vrese nie na Suid-Afrika kan toer nie, het die plaaslike regering van Nieu-Suid-Wallis beslis dat die Sydney Cricket Ground tot 75% van sy kapasiteit vir die Big Bash League-eindstryd gevul mag word.
Maharaj draai die krane oop
Die linkshandige draaier – wat al vantevore op die stofblaaie van Asië gesukkel het – het dadelik sy stempel op die wedstryd afgedruk deur van Imran Butt (15) en Azhar Ali (0) ontslae te raak.
Smith: ‘Ek is teleurgesteld’
“Ons is ongelooflik teleurgesteld in Krieket Australië se besluit. KSA het onverpoos gewerk om aan elke versoek van die besoekers te voldoen.”
Aussies sê nee vir toer na SA
“Dit is duidelik dat om tans van Australië na Suid-Afrika te reis ongetwyfeld gesondheid- en veiligheidsrisiko’s vir ons spelers, ondersteuningspersoneel en gemeenskap inhou.”
Party Aussies wil hê Justin moenie Langer bly
“Leierskap is nie ’n gewildheidskompetisie nie. As die spelers iemand soek wat heeltyd hul magies kielie, doen ek vir seker nie my werk behoorlik nie,” is die Aussie-breier se vuurvreter-antwoord.
Kolwers het steeds geen antwoorde op draaiers se vrae
Om hierde metamorfose in WhatsApp-skryfstyl te beskryf: Die Proteas se kolfwerk verander van ’n selfversekerde “HAHA” na ’n skaam tiener se “hehe” die oomblik wanneer ’n draaier sy verskyning op die toneel maak.
Rabada verbeter rekord met 200ste toetspaaltjie
Hy het dié mylpaal in sy 44ste toets vir die Proteas bereik. Net Dale Steyn (39) en Allan Donald (42) het die kolwers in ’n vinniger wedstrydtempo terug na die kleedkamers gestuur.
Tsimba word deel van Tukkie-afrigterskorps
“Die onus rus op my skouers om die spelers se vertroue te wen sodat ek weet wat hul sterk punte is. Dit is iets wat my baie gehelp het toe ek vir die Cheetahs gespeel het en Rassie Erasmus ons kaptein was.”
Protea-boulers kry pak slae in Pakistan
Tuisspan se kolwers veg terug: Van 27/4 na 378 en ’n voorsprong van 158 lopies.
Aussies bevestig Indië se bewerings van rassisme
“Ons het egter bevind dat die toeskouers, wat deur die media in die 86ste boulbeurt van die dag se spel afgeneem is, hulself nie aan rassistiese gedrag skuldig gemaak het nie,” sê Krieket Australië.
Pakistan bestendig ná Rabada-blitzkrieg
Kagiso Rabada, wat sy eerste toets in maande speel, het laat in die middag met vuur en aggressie geboul.
Protea-kolwers trap klei teen Pakistan
Om ’n toets te wen moet jy eerstens meer lopies as jou teenstanders aanteken. Maar ’n eerstebeurttelling van 220 – veral nadat jy besluit het om eerste te kolf – is pleinweg net nie goed genoeg nie.
Proteas kies twee draaiers vir Pakistan-toets
Quinton de Kock het vanoggend die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Maar ten spyte van ’n flinke begin, is Aiden Markram (13) en Rassie van der Dussen (17) reeds terug in die kleedkamer.
Proteas wen reeks getooi in swart
Hulle neem sodoende standpunt teen geslagsgebaseerde geweld in en klop vir Pakistan met 13 lopies om ’n voorsprong van 2 – 0 in die reeks van drie wedstryde te geniet.
Omgekeerde swaai kan deurslaggewend in Pakistan wees
Dit werk veral lekker op die grondpad-kolfblaaie wat in Asië te vinde is, of wanneer ’n mens toevallig ’n stukkie skuurpapier in jou sak het.
Veldwerk kelder Protea-vrouespan so amper
Met Pakistan se telling op 137/8 het dit gelyk asof die Proteas die eerste eendagwedstryd in Durban op ’n drafstap sou wen.