ʼn Kleurvolle tulpetuin, ʼn verwoeste brug en ʼn piepklein akkedis op die grens van uitsterwing. Hier is die afgelope week se nuusgebeure in foto’s.
Lees meerAlles vir Sondag 31 Maart 2024
Meer as 1 000 voertuigbestuurders dié Paasnaweek in hegtenis geneem
Meer as 1 000 voertuigbestuurders is sedert die begin van die Paasnaweek in hegtenis geneem en ongeveer 900 voertuie is geskut.
Arnold Vosloo skitter in Afrikaanse aksiebelaaide misdaadkomedie
“Ek slyp al lankal my tande vir ʼn uitsoekrol soos Schmidt.”
Fratsongeluk stuit nie dié student se drome
Haar hele lewe was omgekeer, tog het sy by klasse opgedaag en geglimlag – dankbaar om op universiteit te wees en met haar studies voort te gaan.
Massaskietery in SA ‘buite beheer’
Altesame 12 mense is sedert Donderdag dood in voorvalle van massaskietery en nog 11 mense moes weens skietwonde gehospitaliseer word.
Twee sterf toe ambulans, sportnutsvoertuig reg van voor bots
Die ambulans het op ʼn ongelukstoneel by Bellevue gereageer toe die botsing plaasgevind het.
Video: Sandra, David takel dood met diepte, humor
Met die hulp van ʼn rits kleurvolle karakters, almal vertolk deur die Binnelanders-akteur David Viviers, moet Nora nou haar doodstatus betwis en leer wat die gevolge is van ʼn lewe wat vasgevang is in die verlede.
Ja, Pretoria kan Kaapstad se standaard behaal
“Ek is liewer vir Pretoria as die Kaap, iets wat ek besef het in my vier jaar as parlementslid. Maar Kaapstad is ongetwyfeld die goudstandaard van goeie regering. Pretoria kan wel die Kaapstadstandaard behaal, al is dit moeilik.”
Vyf renosterstropers in Limpopo vasgetrek
Die wetstoepassers het ʼn huis in GaSekororo in die Maake-polisiëringsgebied deursoek waar hulle op ʼn geweer sonder ʼn geweerslot, ʼn knaldemper en ʼn olifanttand afgekom het.
Luister: Karlien Husselman vind die mens agter musiek
“In die tyd wat ek weg was uit die musiektoneel het ek depressie gehad weens trauma. Ek het na die Here geroep en Hy het my opgelig.”
Gemeentelede tydens erediens beroof
Die verdagtes het die gemeentelede beveel om op die grond te lê, waarna hulle kontant, handsakke en selfone geroof het.
Tim Theron woeker in aksieflieks: ‘Ek kan nie stil sit’
“Toe ek in die bedryf my voete begin vind het, het ek gevoel hier’s ʼn geleentheid om my akteursdroom uit te leef, maar dit ook groter te maak en die stories wat ek graag wil vertel, daar buite te kry.”
Beurtkrag voorlopig opgeskort
Altesaam 3 550 MW sal na verwagting teen Dinsdagaand weer in diens gestel word.
Durbanse student sterf in tref-en-trap-ongeluk
Luidens die plasing is die student glo deur ʼn Audi getref. Die bestuurder het nie stilgehou nie en doodeenvoudig van die toneel weggejaag.
Boere raadop met Limpopo se ‘hek na vryheid’
Maroela Media het tydens ʼn besoek aan die Beitbrug-grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe gevind dié grensdraad hou niks of niemand uit nie.
Veilige hawe vir diere in Noordwes moet dalk deure sluit
Die provinsie is een van die armstes in die land, en verwaarlosing en onbeheerde teling van diere kom gereeld hier voor.
VRK-reeks: Só staan sake ná 13 weke
Byna al die spanne wat tuis gespeel het, het die afgelope naweek oorwinnings behaal.
De Kock se kolf flits in IPL
Quinton de Kock het Saterdag met sy tydsberekening en houespel uitgeblink in die Lucknow Super Giants se oorwinning van 21 lopies teen die Punjab Kings op hul tuisveld.
Vyf sterf in trompop botsing naby Keimoes
Al vier mans wat in die Volkswagen Polo was – almal inwoners van Kakamas – is op die toneel dood verklaar.
Scheffler draf saam met vier groentjies
Drie spelers, die Amerikaanse Ope-amateurkampioen Nick Dunlap en sy landgenote Taylor Moore en Akshay Bhatia (hulle het saam nog net een toernooi in die reeks gewen) is saam vyfde op 202 (-8).