Beurtkrag voorlopig opgeskort

Argieffoto

Te danke aan volgehoue ​​beskikbare opwekkingskapasiteit, voldoende noodreserwes en ʼn verwagte laer elektrisiteitsaanvraag vir week wat voorlê, sal beurtkrag tot verdere kennisgewing opgeskort bly.

Volgens die kragvoorsiener is 13 579 MW onbeskikbaar weens onbeplande onklaarrakings, terwyl beplande instandhouding vir 7 046 MW se onbeskikbare opwekkingsvermoë verantwoordelik is. Altesaam 3 550 MW sal na verwagting teen Dinsdagaand weer in diens gestel word.

Eskom sal Woensdag ʼn opdatering verskaf of verbruikers in kennis stel indien enige beduidende veranderinge sou dit plaasvind.

Die aandspitsaanvraag sal na verwagting Sondagaand 23 400 MW bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.