Die week in foto’s

VSA: Die foto wys ʼn deel van die Francis Scott Key-brug se staalraam waar dit op die vragskip Dali beland het. Die brug het Dinsdag in die vroeë oggendure (Amerikaanse tyd) in die Patapsco-rivier gestort, kort nadat dievragskip daarteen gebots het. (Foto: National Transportation Safety Board/ Youtube/AFP)

Australië: ʼn Oorlose grasvelddraakakkedis (grassland earless dragon lizard) is in die Tidbinbilla-natuurreservaat te sien. Dié akkedis is nie groter as ʼn pinkienael wanneer hy uit sy dop kruip nie, maar word deur ʼn reuse-uitdaging staar in die gesig gestaar: uitwissing. In 2019 het wetenskaplikes in Canberra honderde akkedisse in die natuur teëgekom. Vanjaar het hulle slegs 11 gevind. (Foto: David Gray/AFP)

Palestynse gebiede: ʼn Vuurbal ontplof tydens Israel se bombardering van Rafahui, te midde van voortgaande gevegte tussen Israel en die militante groep Hamas. (Foto: Said Khatib/AFP)

Italië: ʼn Vrou neem foto’s in ʼn veld van Tulipani Italiani-tulpe op die gasteplaas Agriturismo Cascina DUC, in Grugliasco. Die tuin is deur die Nederlanders Nitsuhe Wolanios en Edwin Koeman oopgestel. Deur ʼn toegangsfooi te betaal kan besoekers rustig in die tuin wandel, van die kleurvolle tulpe pluk en die buitelug geniet. (Foto: Marco Bertorello/AFP)

Mexiko: ʼn Avokadoplantasie word deur bosbrande in Cerro del Aguila verswelg. Dié omgewing word as ʼn beskermde natuurgebied en bosherstelplek in Morelia erken. Teen Dinsdag het dié bosbrande 18 van Mexiko se 32 state geraak en 3 049 hektaar bebosde gebiede  verwoes. (Foto: Enrique Castro/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.