Vyf sterf in trompop botsing naby Keimoes

Argieffoto

Die polisie in Keimoes ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn trompop botsing op die N14 naby Keimoes Saterdag die lewe van vyf mans geëis het.

Volgens lt.kol. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het die botsing waarin  ʼn Volkswagen Tiguan en ʼn Volkswagen Polo betrokke was, omstreeks 17:45 plaasgevind.

“Vier Suid-Koreaanse mans wat van Kakamas na Upington onderweg was, is in die Volkswagen Tiguan aangetref. Een insittende is op die toneel dood verklaar. Die ander drie mans is na ʼn nabygeleë hospitaal vir mediese behandeling geneem.

“Al vier mans wat in die Volkswagen Polo was – almal inwoners van Kakamas – is op die toneel dood verklaar,” sê Kock.

Polisieondersoeke duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.