“Ek is veral trots daarop dat ons, in talle gemeenskappe met ’n ons-sal-self-benadering, vandag op groot skaal ’n rol kan speel in die bou van ’n toekoms vir ons, ons gemeenskappe én ons nageslag.”
Lees meerAlles vir Dinsdag 26 Maart 2024
Hof hoor Eskom se appèl aan oor beurtkrag-kwytskelding
Eskom wil appelleer teen ‘n uitspraak wat ononderbroke kragvoorsiening vir onder meer openbare skole, hospitale en die polisie verseker.
Steenkoolkontrak: ‘Eskom speel vir tyd’ – AfriForum
Eskom werp skynbaar alles in die stryd om te verhoed dat hy inligting rakende sy bestaande steenkool- en dieselkontrakte in die volgende tien dae aan AfriForum moet openbaar.
DA versoek OVK om SA’ners oorsee op niewerksdae te laat stem
Dit volg ná teenstrydige inligting ontvang is van verskeie diplomatieke sendings wat betref stemdae oorsee en beskikbare tye vir die betrokke ambassades en hoëkommissies.
Rand Water: Waterbesnoeiings dalk iets van die verlede
Die hof het vandag bevind dat Rand Water se waterbesnoeiings op sigwaarde onregmatig was en bepaal dat AfriForum die hof in die toekoms weer op ’n dringende basis vir ’n interdik moet nader indien hy bewus word van enige soortgelyke waterbesnoeiings deur Rand Water.
Veiligheidswag verdink van moord op Delmas-plaas
Wessel Badenhorst (55), ʼn veiligheidswag, is in hegtenis geneem op aanklag van moord en poging tot moord.
Soektog na oorlewendes ná brug ineenstort
Die son het intussen opgekom in die Amerikaanse stad Baltimore en daar word in dié stadium na enige oorlewendes in die Patapsco-rivier gesoek.
Landelike misdaad ‘meer as net statistieke’
“Agter hierdie syfers is die werklikheid van traumatiese lewensverlies, voedselsekerheid wat bedreig word en werksgeleenthede wat in gedrang kan kom.”
Franse blaser Raynal pak fluitjie weg
Mathieu Raynal het die uitsonderlike voorreg gehad om in agt Sesnasies-kragmetings, vyf Verenigde Rugbykampioenskap-toernooie en die eindstryd van die Britse en Ierse Leeus in 2021 betrokke te wees.
LUR vir onderwys sê jammer vir Elana Barkhuizen
Noordwes se LUR vir onderwys het ná bykans vyf jaar skriftelik om verskoning gevra vir die skending van ʼn onderwyseres van Schweizer-Reneke se menseregte.
Kolleges skuld SA ‘die waarheid’ – Blade Nzimande
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, sê Educor het talle kanse verspeel om die benarde situasie van sy onderskeie onderriginstellings te probeer beredder en boonop oor studentesyfers gejok.
Eerste vrou voltooi uitmergelende marathon
Sedert 1989 het meer as 1 000 ultramarathonatlete al die uitmergelende roete aangedurf, maar nog net 20 het betyds die eindstreep gehaal.
ToekomsVenster: Moenie jou hart verloor nie
Ons mag nie toegee aan die harteloosheid van die wêreld nie.
Uitdrukking: Met snaar en st(r)amboel
Ken jy die uitdrukking “met snaar en st(r)amboel”? Lees vandag se Taaltoffie om meer te wete te kom.
Formele sektor skep poste in 2023
Sowat 10,7 miljoen mense was teen einde verlede jaar in dié sektor werksaam.
Slagboomkruising: ‘Hoeveel moet nog sterf?’
Hoeveel mense moet nog met hul lewe boet voordat daar iets aan die “kruising van die dood” op die N11 en R33 naby Marble Hall in Limpopo gedoen word?
Burger, De Zorzi kry KSA-kontrakte
Nandre Burger het sy internasionale buiging teen Indië gemaak en hy het dadelik sy stempel met sy vaart en aggressiewe boulwerk afgedruk.
Dag lange beurtkragblaaskans
Die beurtkragverligting duur tot Woensdag om 16:00, wanneer fase 2 weer sal inskop.
Leclerc nie té bekommerd oor Sainz se toekoms
“Carlos sê dit dalk nie self nie, maar ek is daarvan oortuig dat ʼn hele paar spanbase al met hom gesels het.”
Onwettige sigarette kos SA miljarde
Suid-Afrika verloor jaarliks miljoene weens onwettige sigarette. Trouens, luidens ʼn onlangse studie deur die Universiteit van Kaapstad het Suid-Afrika sedert 2010 miljarde rande afgestaan weens sigarette wat onwettig die land binnekom.