Dag lange beurtkragblaaskans

(Foto: Gencraft)

Beurtkrag word Dinsdag om 16:00 opgeskort danksy ses opwekkingseenhede wat weer in diens gestel kon word.

Die beurtkrag-blaaskans duur tot Woensdag om 16:00, wanneer fase 2 weer sal inskop.

Eskom sê fase 2-beurtkrag sal dus nié Dinsdagmiddag ingestel word nie. Dit is vroeër so aangedui.

Die kragvoorsiener sal Woensdagmiddag weer ʼn aanduiding van die beurtkragvooruitsig gee, sou enige noemenswaardige veranderings in die stelsel plaasvind.

In hierdie stadium staan die vraag na krag tydens die aandspitstyd op 27 728 MW.

Weens onbeplande instandhoudingswerk is 13 840 MW tans nie beskikbaar nie en nog 5 066 MW is weens beplande instandhoudingswerk onbeskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Papsak ·

Ja sien is glo net vyfuur o dan het daar weer n eenheid onklaar geraak ek glo niks meer nie kla !!!?

Casper ·

Beurtkrag tot Woensdag 16:00 opgeskort en dan weer fase 2 na ses opwekkingseenhede weer inwerking gestel is,dit maak glad nie sin nie.Hulle opskorting is ‘n verkiesings foefie.

JohanR ·

Dankie Eskom. Gooi ‘n braai vanaand met 100 mense om te celebrate!

Manie ·

Aikona, ons beleef dalk daagliks laer fases beurtkrag, maar meer gereeld, so vir wie probeer julle flous?

NWT ·

29 Mei geen beurtkrag. Hoop net op daardie dag word 1994 se verkiesing herleef. Elke stemgeregtig Suid- Afrikaner gaan na die stembus en lig die ANC uit die kussing. Cyril het mos gese dat die ANC kom voor die mense van Suid Afika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.