Veiligheidswag verdink van moord op Delmas-plaas

Argieffoto (Foto: Hansie Linde)

Wessel Badenhorst (55), ʼn veiligheidswag, is in hegtenis geneem op aanklag van moord en poging tot moord. Hy het Maandag in die Delmas-landdroshof verskyn.

Kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê nooddienste en die polisie is op 22 Maart 2024 omstreeks 22:45 na ʼn plaas in Delmas ontbied.

“ʼn Vrou het skietwonde opgedoen en ʼn veiligheidswag het ʼn vuurwapen by hom gehad. Daar was twee voertuie op die toneel. Een motor se voorruit is verskeie kere geskiet. Die ander voertuig het aan die veiligheidswag behoort.”

Volgens die vrou het sy saam met ʼn mansvriend na die plaas gekom, maar sy was in daardie stadium nie seker waar haar vriend homself bevind het nie.

“Polisiebeamptes was veral besorg oor die motor wat verskeie kere geskiet is. Die motor behoort aan die vriend. Daar het ook ʼn paar leë patroondoppies langs die motor gelê.”

ʼn Soektog is dadelik van stapel gestuur na die vermiste man.

“Die liggaam van ʼn man, wat verskeie skietwonde opgedoen het, is gevind. Nooddienste het hom op die toneel dood verklaar.”

Die vrou het die man uitgeken as haar vriend wat tydens die skietery verdwyn het.

Die polisie het ʼn saak van moord en poging tot moord ondersoek. Ná ʼn voorlopige ondersoek is Badenhorst in hegtenis geneem. Sy vuurwapen is ook gekonfiskeer vir verdere ondersoek.

Volgens Mdhluli kan die moontlikheid van verdere aanklagte nie uitgesluit word nie. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

Badenhorst moet op 3 April weer in die hof verskyn vir sy aansoek om borgtog. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Casper ·

Wat het die veiligheidswag op die plaas gesoek.Het die vriend gevlug nadat hy geskiet is en toe gesterf het.Wie het die voorruit vol gate geskiet en wanneer.was die vrou en die vriend nog in die kar of het hulle alreeds uitgeklim.

Nicky ·

Was daar dalk n verwantskap tussen die veiligheidswag en die vrou?

Surfer ·

Hier is weer n slang in die gras of sal ek se hier is gras en n slang betrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.