LUR vir onderwys sê jammer vir Elana Barkhuizen

Elana Barkhuizen. (Foto: Solidariteit)

Noordwes se LUR vir onderwys het ná bykans vyf jaar skriftelik om verskoning gevra vir die skending van ʼn onderwyseres van Schweizer-Reneke se menseregte.

Viola Motsumi, LUR vir onderwys, het Elana Barkhuizen in ʼn brief om verskoning gevra vir die onregmatige optrede teen haar in Januarie 2019, toe sy valslik van rassisme beskuldig is.

Solidariteit het Dinsdag in ʼn verklaring die LUR se brief verwelkom.

“Ek vra om verskoning namens die departement van onderwys en vir die vorige LUR se optrede waarin jy valslik beskuldig is van rassisme en jou lewe, asook dié van jou gesin, in gevaar gestel is deur die openbaarmaking van jou identiteit. Die aantygings van rassisme is voortydig gemaak voordat die departement ondersoek na die beweerde voorval van rassisme kon instel,” skryf Motsumi onder meer in haar brief aan Barkhuizen.

Sy sluit die brief af in die hoop dat Barkhuizen haar verskoning aanvaar en skryf dan: “Dit is betreurenswaardig dat die voormalige LUR daarin misluk het om jou regte, asook dié van die familie te respekteer en te beskerm. Die Noordwes-departement van onderwys streef daarna om die grondwetlike regte van sy werknemers te respekteer en te beskerm.”

Maroela Media het vroeër berig hoe Barkhuizen in 2019 geskors is ná daar ʼn foto versprei is van vier swart en 18 wit leerders wat by aparte tafels in ʼn klaskamer sit.

Barkhuizen is op 10 Januarie 2019, sonder enige verduideliking, uit haar pos geskors.

Solidariteit het namens haar ʼn saak van onregmatige skorsing aanhangig gemaak, waarna die arbeidshof later bevind het die skorsing was onwettig. Die hof het gelas dat Barkhuizen se skorsing met onmiddellike inwerkingtreding opgehef moet word.

Later het die Menseregtekommissie (MRK) in sy 2023-verslag ook bevind dat Barkhuizen se reg op privaatheid, ʼn behoorlike proses, vryheid van beweging en waardigheid geskend is. Die MRK het toe gelas dat Motsumi namens haar voorganger (Sello Lehari) om verskoning moet vra, omdat Barkhuizen se familie se lewe in gevaar gestel is ná sy valslik as ʼn rassis gebrandmerk is.

Solidariteit moes egter eers wéér met die hof dreig, voordat die verskoning eindelik uitgereik is.

Anton van der Bijl, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, het op sy beurt gesê: “Hoewel ons die verskoning deur die LUR verwelkom, en ons dankbaar is om Barkhuizen in haar tyd van uiterste nood te kon bystaan, is dit belaglik dat hierdie verskoning eers meer as vyf jaar ná die gebeure aangebied is. Dit sluit egter ʼn aaklige hoofstuk af waarin lewens amper verwoes is. Hoewel ʼn verskoning heeltemal te lig is, sou die trauma van verdere stappe teen die departement net te veel gewees het.”

Solidariteit voorspel dat gevalle soortgelyk aan dié een al hoe meer in die aanloop tot die 2024-verkiesing sal voorkom. “Ons moedig mense aan om waaksaam te wees vir polities gemotiveerde en blatante rassisme en onregverdige optrede. Ons kan en sal dit eenvoudig nie duld nie. Die Barkhuizen-saak dien as ʼn herinnering daaraan dat geregtigheid en respek ononderhandelbaar is in ʼn demokratiese samelewing,” sluit Van der Bijl af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Hendrik ·

‘n Verskoning wat deur die hof afgedwing is en eers vuf jaar na die insident plaasvind, is nie veel werd nie. Maar dankie aan Afriforum wat die saak tot hierdie punt gedryf het.

Pieter ·

Wonder hoekom doen hy dit. Daai Lesufi moes dit in persoon kom doen het voor kameras.

Pieter ·

O ja, en dan ook die geld wat nodig is vir haar lewe en gesin. Dan ook vir al die lei en trama….en so kan ons aangaan.

domheks ·

‘n Verpligte jammer? Skaam julle! En dit na soveel jare …

Jacobus ·

Wat van die jeugleier wat histeries te kere gegaan het – en nou LP.

Lurock ·

Dis so jammer dat die howe die Dept moes dwing, jammer sê in die woordeskat van ‘n cANCer Kader bestaan nie. Sou graag wou gehad het die persoon wat hierdie aaklige storie begin het moes omverskoning gevra het op kamera en aarmee sommer ‘n EFT oorhandig het vir skade vergoeding en pyn en lyding. Maar hulle is te vrotsig om dit te doen. Sal graag wil sien hierdie cANCer Kaders word weggeneem. Dit sal ‘n heuglike dag wees.

koos10 ·

Jacobus, my eerste gedagte ook. Hy het wel verskoning gevra, maar die skade was gedoen.

tweeling ·

Die vorige LUR moet aan sy/haar hare gesleep word tot by Barkhuizen en dan om verskoning vra, te verdomp arrogant die hele spul van hulle.

Piet 6 ·

En die DA loop nou nog met ń rooi gesig en hulle het nog nooit behoorlik om verskoning gevra nie. Wil mos op die “band wagon” spring.

Rudolph ·

Dit is verkeerd. Ons vra dat daar verskoning gevra word vir n lewe wat verwoes is. Hoekom vra nie dat die gesin betaal word vir dit wat hul moes deur gaan vir 5 jaar. Die verskoning beteken niks want hul bedoel dit nie

Cherokee ·

En soos Piet ook uitwys, die DA het nou nog nie die ordentlikheid gehad om apologie aan te teken nie.

Frikkie vir 'n Rukkie ·

@Pieter Lesufi was die LUR van Onderwys in Gauteng.
Hierdie fiasko het in Noord-Wes plaas gevind.

Casper ·

Is sy terug in haar pos,of het sy toe maar bedank.Ek kan nie onthou nie.Wat het die DA vir haar gedoen.

Roek ·

Dagvaar hulle , jy het nou die skuld erkenning in jou hande , die tax payers gaan betaal maar maak dit nie saak nie , hul baljaar so met die geld jy aan die anderkant verdien dit !

Amelia ·

Die da sal haar nie omverskoning vra nie maar sien daar is nog mense wat als onthou so mense die da is ook nie wat baie dink hul is nie Is maar net nog n politieke party

Republikein in die Wes Kaap ·

Casper, ek hoop sy het die dorre stofvlaktes verlaat en verhuis na ‘n land wat haar respekteer en waardeer.

Aai ·

Daai brief sal nou mooi pas by die siviele ys en hulle sal buite hof skik.

SjN ·

En die Sello kader kom skotvry daarvan af, die verskoning was verplig, hul erken mos nooit hul foute nie, hoop regverdigheid geskied.

OU SAAR ·

Gooi daai verskoning terug in hul gesigte en dagvaar hulle tot by oom Daantjie in die kallerhok…

Jacobus ·

Piet 6. Jy is heeltemaal korrek – die DA het ‘n halfgebakte generiese verduideliking gestuur (het dit gelees). Maar is bly dat dit na JARE afgesluit kan word.

Bolandse Nooi ·

“Jammer” gesê sonder om JAMMER te wees … VYF JAAR na die debakel en eers toe daar weer met die hof gedreig is. Ek sou die Departement en edele minister (in sy/haar persoonlike hoedanigheid) gedagvaar het vir pyn, lyding, emosionele teistering en verlies van inkomste.

JohanR ·

Soek nie ‘n jammer van Nr2. Soek vir Lesufi voor kameras, op tv en voor die mense van SA met ‘n jammer!

Di ·

Dagvaar die rook uit die spul uit. Verskoning kan nie vergoed vir die sielkundige en finansiele skade wat gely is nie. Hulle moet ‘n les geleer word, punt!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.